Nathan Justice, polisiehoof van Justice, Illinois, is bekommerd. Vroue wat die dorp besoek, sterf onverklaarbaar in hulle hotelkamers. Hy is dankbaar wanneer Rae die saak namens een van die slagoffers se familie ondersoek. Maar sy bly in dieselfde hotel as die slagoffer – kan sy dalk ’n volgende slagoffer word?