Description:Besef jy dat negatiewe gedagtes jou lewe én jou brein beskadig? En het jy geweet dat jou brein elasties is en die vermoë het om nuwe geheuepaadjies te vorm? Jou brein is ’n fassinerende orgaan wat lewenslank verander en groei. En asof dit nie genoeg is nie, het God ons brein só saamgestel dat dit inderwaarheid bedraad is vir godsdiens. Stephan Joubert wys in VERANDER JOU KOP, VERANDER JOU LEWE hoe die unieke werking van jou brein jou kan help om te groei tot ’n dieper verhouding met God.