ebook img

Tydskrif vir Letterkunde PDF

144 Pages·1995·5.3 MB·Afrikaans
by  
Save to my drive
Quick download
Download
Most books are stored in the elastic cloud where traffic is expensive. For this reason, we have a limit on daily download.

Preview Tydskrif vir Letterkunde

— TydskrifvirLetterkunde verskyn kwartaalliks in Februarie, Mei,Augustusen November. Bydraesen boekevirresensie moetgestuurword aan: Die Hoofredakteur, TydskrifvirLet- terkunde, Posbus 1758, Pretoria0001. Voorskrifteaan medewerkers 1. Manuskriptemoetingetiktevormvoorgelêword,indubbelspasiëringenslegsopeenkant van diebladsygetik. 2. Tweekopieëvanelkemanuskrip moetvoorgelêword. 3. Dieouteursenaam en adres moetopdieeerstebladsyvermeldword; in diegeval van gedigteopelkeafsonderlikebladsy. 4. Diemanuskriptemoettaalversorg enfinaal geredigeerwees. 5. Ongeveer4000woordewordasalgemeneriglyngestelvirdielengtevanartikels.Langer artikelssal bywysevan uitsonderingoorweeg word. 6. Illustrasies,diagrammeengrafiekesalslegsaanvaarwordindiendiebetrokkeillustrasie, diagramofgrafiekvanso’nkwaliteitisdatditgereedisomindiemeestermanuskripgeplaas teword. 7. Literatuurverwysings word volgens die verkorte Harvardmetode gedoen. Bibliografiese besonderhede word in die literatuurlys verskaf en nie by wyse van voetnote nie. Aan- tekeninge moetvoordieHteratuurlysgeplaasword. 8. Medewerkerssalsogoudoenlikoordieaanvaardingaldannievanhulbydraesverwittig word.Afgekeurdebydraessalslegsteruggestuurvvordindienhullevan'ngeadresseerdeen voldoendegefrankeerdekoevertvergeselword.Ongelukkigkangeenkorrespondensieoor afgekeurde bydraesgevoerword nie. 9. Kopiereg berusbydieouteurs. R TYDSKRIF VI LETTERKUNDE H.J. Pieterse (Hoofredakteur) ElizeBotha ElsaNolte P.H. Roodt N.J.Snyman (Redakteurs) Skakelredaksie: J.J. Brits RikaCilliers W.A.deKlerk LouisEsterhuizen TomGouws JoanHambidge MarcelJanssens CharlesMalan EbenMeiring AlexanderStrachan REDAKSIE- EN ADMINISTRATIEWE ADRES: (vir bydraes, intekening en sirkulasie) TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE Posbus 1758 PRETORIA 0001 INTEKENGELD: R20 perjaar. Los nommers; R6,00 per eksemplaar. L.W.: Skole word versoek om direk by bogenoemde adres in te teken. Diepublikasievanhierdietydskrifwordmoontlikgemaakdeur’njaarlikseskenking van die DEPARTEMENT ONDERWYS EN KULTUUR (VOLKSRAAD) en van DIE AFRIKAANSE PERSFONDS aan die Afrikaanse Skrywerskring, wie se amptelike mondstuk dit is. Meningswatdeurmedewerkersuitgespreekword, is nienoodwendigdiévan die redaksieofvan dieAfrikaanseSkrywerskring nie. ISSN 0041-476X Geset in 10 op 11 punt Helvetica, gedruk en gebind deurV&R Drukkery (Edms) Bpk, Pretoria. Inhoud Charl-Pierre Naudé Vertalings van CésarVallejo 1 Rialette Wiehahn ’n Herbesoekaandieontwykendewêreldvan Toorberg 5 Johann Lodewyk Marais, Verse 22 Martjie Bosman Herman Wasserman Elemente van dieAfrika-ervaringswêreld en die Westerse romangenre: Kroniek uit die doofpot 24 Martin Labuschagne Prosas 35 Heinrich Ohlhoff Kanoneninstansies-’nAfrikaanseperspek- tief 39 Joan Hambidge Op soek na Susan Sontag 47 Euníce Reyneke Twaalf stories vir my pierrot 51 A.P. Grové Die woord “heilig” in N.P. van Wyk Louw se poësie 57 Leon de Kock, Christo Verse 62 Rabie, Fernel Abrahams J.E. Sapire Literêre vertaling en die invloed van teorie op die praktyk 66 Lourens Breytenbach, Verse 74 Cas Vos, Peter Louw, Barend J. Toerien, Kobus Burger Jean Lombard ’n Preekspel 80 Literêr-aktueel Dorothea van Zyl: Commendatio: Hennie Aucamp (Erelidmaatskap van die Afrikaanse Skrywerskring) 83;HennieAucamp:Woorde, woorde, woorde 85; Karoo Boekehuis 90 Boekbesprekings Joan Hambidge Poësiekroniek 92 S.W. van Zuydam K'oníra/a/f(Johan Myburg) 100 G.M. du Plooy Ombetertekansien(TomGouwsenMaritha Snyman) 104 Gretel Wýbenga Die nes(Eleanor Baker) 108 Elsabe Steenberg Sanlampryswenners- 1994; Jong karakters wat by die see woon 111 Tineke van Rooyen “Dietrich Bonhoeffer: brief aan homself” (I.L. de Villiers) 119 Ria Smuts “’n Bars loop deur die wasbak” (Hennie Aucamp) 125 LysvannuweAfrikaanseboeke: SeptembertotDesember1994 131 Digitized by the Internet Archive in 2017 with funding from University of Pretoria, Library Services https://archive.org/details/tydskrifvirletteOOuns_Opl Charl-Pierre Naudé* Vertalings van César Vallejo** “In hierdie hoekie waar ons saam geslaap het ...” In hierdie hoekie waarons saam geslaap het so baie nagte, put ek nou behae daaruit om te dwaal. Die bed van die dooie minnaars is eenkant toe geskuif of miskien weggedra. Jywas altyd betyds op anderplekke, tog hetjy hier nooit gearriveer nie. In hierdie hoek het ek, een nag aanjou sy, gelees tussenjou teer borsies aan ’n staaltjie deur Daudet. Hier is die hoekie waarons bemin het. Asseblief ontken dit nie. Ek het my ditten doel gestel om die somerdae, nou verby, te vertel, jou kom en gaan, klein en vol en bleek, deur hierdie vertrekke. Op hierdie nag, waarin die reën stu, so vervan beide van ons, spring ek skielikop ... daar is twee deure wat oop- en toemaak, twee deure wat kom en gaan in die wind skadu teen skadu. Droet Daar is ’n punt ek is oortuig, ongelooflik, in hierdie wêreld waarons nooit sal arriveer nie. Waar, selfs al sou ons voet ’n oomblik lank daaroptrap, sou dit wees asof ons nooit daarwas nie. * Charl-PierreNaudésedebuutbundel, Dienomadieseoombiik,verskynlatervanjaarby Tafelberg-Uitgewers. **CésarVallejo(1892- 1938)was’n Peruviaansedigter 1 Dis die puntwatjysien elke oomblik in hierdie lewe, in die loop, agtermekaarin die ry. Duskant myself en my paareiergele, het ekop ’n kier ditte sien gekry, altyd vervan ons bestemmings. Dit maak geen verskil ofjyte voet gaan of uit sentiment ’n perd opsaal, omdat nie eers die seëls dit kan bereik nie. Die teekleur horison wil dit graag ’n kolonie maak terwille van sy groot Enige deel. Maardié puntwaarvan ekso seker is, ongelooflik, in hierdie wêreld, streef om syteenoorgesteldes gelykte stel. “Maak daardie deurtoe watoopstaan in die ingewande van die spieël.” “Hierdie een?” “Nee; sy suster.” “Die moment as die tennisspeler ...” Die moment as dietennisspeler met groot gesag sy koeël afslaan, is hy besete met dierlike onskuld; die moment as die filosoof ’n nuwe waarheid verras, is hyvolledig rund. Anatole France het bevind dat religieuse gevoel die funksie van ’n spesiale orgaan in die menslike liggaam is, tot dusver heeltemal misken en aldus kan mens ook postuleeer dat die presiese moment as so ’n orgaan ten vollefunksioneer die gelowige so van Kwaad gesuiwer is ’n mens kan hom ’n groengewas ag. O siel! O Denke! O Marx! O Feuerbach! 2 Dae lank soms, het ek ... Dae lank soms, het ek ’n uitbundige, politieke behoefte om lief te hê, om toegeneentheid op altwee wange te soen, en uit die afstand voel ek ’n vrymoedige verlange aankom, ’n anderverlange om liefte hê, uit vrywil of dwang, wie my ook ai haat, wie ook al sy papieropskeur, ’n klein knapie, die vrou wat huil virdie man wat gehuil het, die vors van wyn, die slaaf van water, wie ook al in sytoorn weggekruip het, wie sweet, wie verbykom, wie sy persoon in my siel skud. En ek wil daarom, as wie ook al met my praat, die siervlegsel in haar hare verstel; die hare van die soldaat; van die grote, sy lig; van die kleintjie sy grootsheid. Ekwil direk die sakdoek strykvan wie ookal nie kan huil nie, en, op tye as ektreurig voel of geluk maak my seer, kinders sowel as genieë weer heel lap. Ekwil die goeie ou help om ’n bietjie sleg te word, en ek wil dringend sit aan die regterhand van die linkshandige, en op die doofstomme reageer, om vir hom te kan wees van soveel nut as ek kan, en ookwil ek baie graag die verlamde se voet was, en die een-oog buurman help uiltjie knip. Al, om te bemin, dié liefde, my eie, dieselfde een die hele wêreld s’n, inter-menslik en parogiaal, ten volle volwasse! Dit kom nader, op diejuiste oomblik, uit die fondament, uit die publieke lies, en, op pad uit die verte, noop dit my om die sangerse halsserpie te soen, en om wie ookal swaarkry, te soen op sy braaipan, die dowe op sy kroongemurmel, sonderskaamte; wie ook al my gee wat ek in my binneste vergeet het, op sy Dante, op sy Chaplin, op sy skouers. Ek wil, uiteindelik, langs die gevierde randjie van gewelddadigheid, in my hart vol borskas, help wie ookal glimlag, ’n klein voëltjie in die bose man se nekkuiltjie sit, omsien na die moerige siekes, van die ventertjie koop, die moordenaar help moor- hoe verskriklik- en graag sou ekwou gaaf wees met myself in alles. 3 “Vandag steek daar in haar ’n splinter ...” Vandag steekdaar in haar’n splinter. Vandag steek ’n splinter in haarso hittete, dittref haar in haar hittete, vol, in haar houding, en in haarstuiwertjiewat nou so beroemd is. Dievoorsienigheid het haarbaie seergemaak, oral, die deur het haarseergemaak, haar gordel het haarseergemaak, en gee haar ’n dors, ’n teistering, ’n dors virdie glas maar nie virdie wyn nie. Vandag dwarrel daar uit die arme buurmensie van lug, onder’n dekmantel, die rook van haardogma; vandag steek in haar ’n splinter. Die eindeloosheid volg haar, op ’n oppervlakkige afstand, ’n onmeetlike flintvonk agter. Vandag rook daar uit die arme buurmensie van wind, uit haarwang, noord, en uit haaranderwang, oos; vandag steek in haar’n splinter. Wie sal in hierdie harde, bederfbare dae, ’n stukkie koffie koop, met room, en wie, sonderhaar, sal homselfverneder na die vlakvan haarspoor tot met ’n geboorte? Wie sal ditwees dan, ’n Saterdag, teen sewe-uur? Hartseeris hulle, die splinterswatvassit in jou, noukeurig daar, daar presies! Vandag, sit in die arme reisgenoot se orakel ’n gebluste vlam; vandag steek in haar ’n splinter. Seerkry maak haarseer, jong seerkry, kinder-seer, grootskaalse seerkry, tref haar in haarhande, en gee haardors, teistering, en dors virdie glas, maar nie die wyn nie. Die arme, arme kindjie! 4

See more

The list of books you might like

Most books are stored in the elastic cloud where traffic is expensive. For this reason, we have a limit on daily download.