ebook img

SPIEëL EN SKADU SIRKUS (roman) PDF

296 Pages·2014·61.49 MB·Afrikaans
by  
Save to my drive
Quick download
Download
Most books are stored in the elastic cloud where traffic is expensive. For this reason, we have a limit on daily download.

Preview SPIEëL EN SKADU SIRKUS (roman)

DIE IDIOOT: SPIEëL EN SKADU • SIRKUS (roman) W.P.P. ANKER Werkstuk en literêre teks voorgelê ter vervulling van die vereistes vir die graad van Magister in Kreatiewe Afrikaanse skryfkunde aan die Universiteit van Stellenbosch Studieleier: Prof. Marlene van Niekerk April2003 Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za Ek, die ondertekende, verklaar hiermee dat die werk in hierdie werkstuk en literêre teks vervat, my eieoorspronklike werk is en dat ek dit nie vantevore in die geheel of gedeeltelik by enige universiteit ter verkryging van 'n graad voorgelê het nie. Handtekenin2: Datum: Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za OPSOMMING Ter vervulling van die graad van Magister in Kreatiewe Afrikaanse skryfkunde is 'n roman getiteld Sirkus voorgelê waarin die hoofkarakter 'n idiotefiguur is. Dit word vergesel met 'n verbandhoudende beskoulike werkstuk: "Die idioot: spieël en skadu", wat die vorm aanneem van 'n essay oar die problematiek rondom die representasie van die idioot in literêre tekste. In die werkstuk word die verskynsel van die idioot in die letterkunde ondersoek aan die hand van bekende literêre tekste waarin idiotefigure gerepresenteer word. Hierdie tekste het dit gemeen dat die verteller optree namens 'n karakter wat nie die vermoë óf die wil het om self te vertel nie. Die problematiek word beskou op tematiese sowel as skryftegniese vlakke aan die hand van insigte uit die letterkunde, filosofie, narratologie en sielkunde. Die argument sluit uiteindelik af met 'n besinning oor die skrywerlike verantwoordelikheid en 'n skrywerlike etiek ten opsigte van die uitbeelding van die idioot. Die roman Sirkus fokus op 'n idiote-karakter met gewebde hande en voete, Siegfried Landman. Dit is 'n uitbeelding van sy hellevaart wat begin op 'n plaas in die Karoo en hom voer deur 'n groteske stadslandskap voor hy uiteindelik opeindig in 'n sirkus van fratse. Die teks begin met die dood van Siegfried se vader en is in die vorm van 'n soektognarratief, 'n soektog na die vae beeld van sy oom Fischer. Die verhaal word grotendeels vanuit Siegfried se bewussyn vertel. Hy word deur die verloop van die teks vergesel deur verskeie reisgenote wat elk ook 'n eie stem indie teks verkry. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za SYNOPSIS In fulfilment of the degree of Magister in Creative Writing: Afrikaans, a novel titled Sirkus (Circus) is presented in which the main character figures as an idiot. It is accompanied by a perspicacious formal essay which maintains the relationship between theory and novel. The essay titled "Die idioot: spieël en skadu" (The idiot: mirror and shadow) reflects on the problematics concerning the representation of the idiot in literary texts. The essay investigates the phenomenon of the idiot in literature according to well-known literary texts presenting idiots. What these texts have in common is that the narrator acts on behalf of a character who does not have the ability nor the will to narrate himself. The problematics is viewed from a thematic as well as writing technique niveaux, according to insights gleaned from literature, philosophy, narratology and psychology. The argument concludes by reflecting on the responsibility of the author and the ethics of creating an effigy of the idiot. The novel Sirkus, (Circus), focuses on an idiot character with webbed hands and feet, Siegfried Landman. It is an exposition of his journey to hell starting on a farm in the Karoo. Ittakes him through a grotesque urban landscape where he eventually ends up in a circus of freaks. The text starts with the death of Siegfried's father and is in the form of a quest narrative, a quest for the vague image of his uncle Fischer. The tale emanates predominantly from Siegfried's consciousness. During the course of the text he is accompanied by varioius travelling companions who each fmd avoice inthe text. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za Erkennings Hierdie navorsing is moontlik gemaak deur die finansiële ondersteuning van die Nasionale Navorsingstigting (NNS). Die opinies wat uitgespreek word, sowel as die gevolgtrekkings wat bereik word, is dié van die outeur en kan nie sonder meer aan die Nasionale Navorsingstigting gekoppel word nie. My dank en waardering aan my studieleier prof. Marlene van Niekerk vir die ondersteuning en motivering waarsonder hierdie werk ongedaan sou bly. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za INHOUDSOPGA WE: DIE IDIOOT: SPIEëL EN SKADU (werkstuk) 1 Inleiding 2 Dramatis persona: 3 "The Idiot Boy": 'n sublieme natuurlikheid 5 Gebore uit angst: Modernistiese idiote 11 Adam Kadmon: die kind in die donker 15 Hoe die idioot probeer sê 27 Benjy Compson: net klank en drif 27 Charlie Gordon: 'n dagboek van taligheid 39 Euehrid Euerow: 'n verraderlike verteller 43 J.M. Coetzee en die skryf van stilte 49 Die malheid van George Konrád 54 Friday se stilte: op weg na 'n skrywerlike etiek 58 Alfred Adler en die haaslip 67 'n Donker spieël 73 Bronnelys 77 SIRKUS (roman) 81 Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za DIE IDIOOT: SPIEëL EN SKADU W.P.P. ANKER Werkstuk voorgelê ter gedeeltelike vervulling van die vereistes vir die graad M.A. (Kreatiewe Afrikaanse skryfkunde) Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za Inleiding Die figuur van die idioot neem in verskeie van die belangrike moderne letterkundige werke 'n sentrale plek in. Deur verskillende aspekte van die betrokke tekste te ondersoek en ook van die tekste met mekaar te vergelyk, sal daar gepoog word om 'n algemene beeld van die idiootfiguur tot stand te bring. Die tekste waarna hoofsaaklik verwys word deur die verloop van die essay is "The Idiot Boy" (1798) deur William Wordsworth, "The Idiots" (1896) deur Joseph Conrad, Een vir Azazel (1964) deur Etienne Leroux, Flowers for Algernon (1959) deur Daniel Keyes, And the Ass Saw the Angel (1989) deur Nick Cave, The Sound and the Fury (1931) deur William Faulkner, The Loser (1980) deur George Konrád en Life & Times of Michael K (1983) en Foe (1986) deur 1. M. Coetzee. Die betrokke tekste is in die eerste plek gekies omdat hulle 'n min of meer historiese beeld van die uitbeelding van die literêre idioot bied. Vanaf die Romantisisme van Wordsworth, na die Modernisme van Conrad tot met die postmoderne tekste van Coetzee. Tweedens is die werkswyses van die outeurs baie verskillend en is hulle almal ook nie bekend in dieselfde kringe nie. Cave en Keyes is byvoorbeeld meer bekend in die populêre kulture van onderskeidelik rockmusiek en wetenskapfiksie. Die skrywers bied dus uiteenlopende perspektiewe op die idiootfiguur wat die bespreking 'n groter reikwydte gee. Die term 'idioot' word nie as pejoratief gebruik nie maar dui op die besit van 'n vertraagde bewussyn met 'n beperkte taligheid wat gevolglik ook buitestaanderskap inhou. Brewer's Concise Dictionary of Phrase and Fable gee die definisie van "idiot" as volg: "A mentally deficient or stupid person, originally (in Greece), aprivate person, one not engaged in any public office hence an uneducated, ignorant individual [my kursivering- WPPA]" (1992:532). Die term 'idioot' word in hierdie essay gebruik om ook veral die tweede gedeelte van die definisie te inkorporeer. Dit sal duidelik word dat indie bogenoemde tekste die karakters van vertraagde persone gebruik word om iets te sê oor die mens as vervreemd, as verstoteling, as "ignorant individual". Die mens in sy aller kwesbaarste gedaante. Die idioot as literêre skepping kan gelees word as 'n beliggaming van beide die self en die Ander. In die volgende bladsye sal hierdie stelling bewys en verdedig word deur te 2 Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za kyk na die onderskeie tekste met idiote as sentrale karakters. Die doel van die essay sal wees om te besin oor wat hierdie figure suggereer aangaande die menslike identiteit, die self se omgang met sigself, met die Ander, asook die uitbeelding en kenbaarheid van 'n eie of vreemde bewussyn. Daar sal verwys word na die idioot se morele en sensuele meerderwaardigheid, die idioot as 'n uitdrukking van die self in sy naakste inkarnasie, en uiteindelik ook die idioot se afwysing van 'n universele essensie van die self. Die gebruik van idiote as literêre karakters dien dikwels as instrument van die outeur om 'n radikale ander bestaansmodus voor te stel, 'n bestaansmodus wat nie val binne onwrikbare klassifikasiesisteme nie, dus: die idioot as teenstander van die regering. Die term "regering" word hier gedefinieer as alle rasionele programme en strategieë wat beheer oor gedrag uitoefen. Alle tegnieke om met die self om te gaan of om sigself te bestuur, word altyd beoefen onder die verbeelde of werklike outoriteit van die een of ander sisteem van waarheid. Hierdie waarheidsisteme kan teologies, priesterlik, sielkundig terapeuties, dissiplinêr of opvoedkundig van aard wees (Rose 2000: 315). Die betoog sal bevind dat die idiotefiguur weerstand bied teen inperking en klassifikasie binne hierdie sisteme, selfs ook die narratiewe sisteem van bewussynsuitbeelding, meestal op 'n onbewuste vlak. Die idioot is die mens in onmatigheid, in ekses, die self wat nie gekategoriseer of beheer kan word deur die waarheidsisteme nie. Hier vind ons die mens -die self en die Ander - in sy radikale onkenbaarheid. Dramatis Personce Die eerste teks bespreek word, is "The Idiot Boy" van Wordsworth. Dit word bespreek as 'n uitbeelding van die Romantiese idioot, die 'innocent', die edele barbaar. Daar sal geargumenteer word dat Wordsworth die beeld van Johnny die idioot verromantiseer om 'n stelling te maak teen sy samelewing. Wordsworth se idioot beskik oor 'n sekere tipe voorkennis, hy vorm 'n prerefleksiewe eenheid met die wêreld, maar veralook met die natuur. Dit is 'n kenwyse wat volgens Wordsworth verlore gegaan het in die stroewe, rasionele denkwyse van die moderne mens en die gepaardgaande onderdrukkende onderwyssisteme wat die menslike belewing en denke vernou. "The Idiot Boy" word as 'n rewolusionêre gedig gelees. 3 Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za Conrad se kort teks, "The Idiots", kom volgende aan bod. Die teks word kortliks, aan die hand van Erdinast-Vulcan se artikel, bespreek as 'n tipiese voorbeeld van die angs van die Modernisme. Dit sal gelees word as 'n uitbeelding van die mens wat homself met sy verligte filosofie desentraliseer deur afstand te doen van sy begrondingsisteme. Die mens sien homself as idioot binne die onverstaanbare heelal sonder Gode. Leroux se Een vir Azazel dien om die idee van die argetipiese idioot en reus aan te raak. Die verskeie lae waarin Leroux die karakter van die idioot, Adam Kadmon Silberstein, uitbeeld, word ondersoek. Die Jungiaanse argetipe van die kind asook die beelde van die sondebok en primordiale mens sal bespreek word. Uiteindelik sal daar aangedui word dat hierdie eienskappe van die idiootfiguur grotendeels steeds teenwoordig is in die skep van sulke karakters. Faulkner, Cave en Keyes se tekste word saam bespreek, met die fokus op Faulkner. Die gefabriseerde taal en taligheid van die idioot kom hier aan bod: die skep van 'n geloofwaardige idiote-taal asook die kwessie van narratiewe stemgewing van die stem- of taalloses. Coetzee en Konrád se tekste sal laaste bespreek word, met die fokus hier op Coetzee. Die skryfhandeling self is hier veral belangrik. Die skrywerlike etiek jeens die uitbeelding van die radikale Ander, die stemlose, salondersoek word. Coetzee se soms selfironiserende styl en die feit dat hy nie sy 'idiote', die stemloses, slawe en diere, besit nie maar selfbewus en eties met hierdie personasies omgaan, staan sentraal in hierdie bespreking. Hier sal die skrywer self as idioot opgestel word as etiese alternatief in die konstruksie van die stemme vir die stemloses. 4

Description:
Die aanbreek van 'n nuwe jaar: "When the malignant year of 1941 finally abdicated, it left as its successor a black and monstrous spawn" (59). Bogenoemde is Die argument is gebaseer op blote antroposentrisme. Dit is die mens wat homself, sonder enige eksterne begronding, as van meer waarde
See more

The list of books you might like

Most books are stored in the elastic cloud where traffic is expensive. For this reason, we have a limit on daily download.