Description:50 van Susan Coetzer se mooiste stories oor elke dag se dinge is byeengebring om jou te inspireer en nuwe lus vir die lewe te gee.
Die stories gaan oor die soet en suur van haar lewe, veral die sonneblomme, haar hartsdinge, soos ...
* ’n verjaarsdagkaartjie van haar seun
* om queen vir ’n dag te wees saam met vriendinne
En ook die daisies wat haar gifgedagtes laat kry, soos ...
* hoe om al haar varkies op hok te hou
* of sy regtig ’n man in haar lewe nodig het
Dié bos blomme van die snaaksste, mooiste en aangrypendste woordskilderye sal jou hartsnare roer en jou lewe met kolle helder kleur bespat.