AFDELING 2 Eksegetiese Studie van Geïdentifiseerde Tekste in Johannes wat met Siekte en Genesing in verband staan. 40 HOOFSTUK TWEE AGTERGROND EN ORIËNTERING 2.1. INLEIDING In hierdie tweede afdeling van die proefskrif gaan daar 'n eksegetiese studie van 'n aantal geïdentifiseerde tekste onderneem word wat met gebrokenheid (siekte) en restourasie (genesing) in verband staan. Om vas te stel wat ―siekte‖ in die antieke Mediterreense (Bybelse) konteks beteken het, sal 'n woordstudie van die ―siekte semantiek‖ in die Bybel gedoen moet word. Die teksgedeeltes in Johannes waarin die semantiese begrip voorkom sal uiteindelik geëksegetiseer word. 2.2. DIE LEKSIKALE BETEKENIS VAN DIE LEKSEME 2.2.1. Die semantiese betekenis van siekte en gesondheid Ter wille van duidelikheid word daar 'n kort oorsig gegee van Louw en Nida (1988) se navorsingsresultate. Louw en Nida (1988: ad loc) groepeer die begrip ―siekte‖ in die semantiese domein ―I‖ onder ―Sickness, Disease, Weakness‖ (23.142-23.184); en die begrip ―gesondheid‖ in die semantiese domein ―H‖ onder ―Health, Vigor, Strength‖ (23.129-23.141). Volgens Louw en Nida (1989:ad loc) het die woorde wat hier volg die latente moontlikheid om vir die volgende betekenisse gebruik te word: H Health, Vigor, Strength (23.129-23.141) 23.129 γηαίλσ ('n idioom met die letterlike betekenis ‗to have well‘): Louw en Nida beskryf dit as ― the state of being healthy, well (in contrast with sickness)—‗to be well, to be healthy‖48 θαισο ρσ: π ξξώζηνπο ρεηξαο πηζήζνπζηλ θα θαισο μνπζηλ ‗hulle sal siekes die hande oplê en die sal gesond word.‖ 49(vgl. Mark 16:18) 48 Die volgende voorbeeld in Markus 16:18 ― : .‖ 49 Wilkinson (1998:21) is korrek as hy opmerk: ―Health is thought of in terms of wholeness and soundness, well-being and life, strength and salvation.‖ Hierdie woord kom ses maal in Johannes vyf voor. Dit verwys na 'n ―state of soundness‖ as resultaat van Jesus se genesingsaktiwiteite (Wilkinson 41 Louw en Nida (1988:ad loc) maak die belangrike opmerking: In a number of languages health is expressed only in terms of strength, for ‗to be well‘ is ‗to be strong.‘ In other languages, however, to be well or to be healthy is a negation of illness or sickness, so that in Mk 16.18 one may translate ‗they will place their hands on those who are sick and these people will become not sick.‘ 23.130 ζρύσ: 'n staat van gesond wees, met die implikasie van ―flinkheid/krag‖ en sterkte/energie—‗to be healthy.‘ ν ρξείαλ ρνπζηλ ν ζρύνληεο αηξνπ ιι ν θαθσο ρνληεο ‗Die wat gesond is het nie 'n dokter/geneesheer nodig nie, maar net die wat siek is‘ (Mark 2:17) . 23.131 ινθιεξία , αο : 'n staat van totale gesondheid in alle dele van die liggaam‖ —‗complete health, perfect health.‘ In sommige tale word ὁινθιεξίαλ vertaal met ―baie gesond‖. 23.132 πινπο , ε , νπλ : Om gesond te wees met die implikasie van optimale funksionering (in die NT verwys dit na die oë). 23.133 ώλλπκαη : Om sterk te wees asook "be well‖ wat in die NT gebruik word as 'n formule aan die einde van briewe om iemand vaarwel en voorspoed toe te wens. 23.134 θξαηαηόνκαη : Om sterk en gesond te word met die implikasie van "physical vigor." Louw en Nida sê: ―The emphasis is upon total physical vigor, not mere muscular strength.‖ 23.135 θνκςόηεξνλ : Om in beter gesondheid te wees na 'n staat van relatiewe siekte. 23.136 άνκαη ; αζηο , εσο ; ζ δσ ; δηαζ δσ : Om te veroorsaak dat iemand beter/gesond word nadat hulle siek was—"to heal, to cure, to make well, healing." Byvoorbeeld in Markus 6:56-- ζ δσ: ζνη λ ςαλην α ηνπ ζ δνλην -"almal wat hom aangeraak het is gesond gemaak" Louw en Nida maak die belangrike opmerking: ―In a number of languages there are different terms for ‗healing‘ depending upon the type of sickness or illness which is involved.‖ 1998:22). Dit verwys na die fisiese herstel van gebrokenheid of siekte. In tien gevalle word woorde uit hierdie woordgroep deur die LXX gebruik om die Hebreeuse woord shalom, in die Ou Testament, te vertaal. In die meeste gevalle staan dit in 'n konteks waar daar van die persoon se algemene welstand gepraat word wat nie beperk is tot die fisiese welstand nie. Wilkinson (1998:22) merk op: ―The significant point is that both shalom and hugies coincide in expressing the idea of the soundness or wholeness of a person‘s being which is of the essence of health.‖ 42 23.137 θαζαξίδσ : Louw en Nida definieer hierdie woord as volg: ―To heal a person of a disease which has caused ceremonial uncleanness—‗to heal and make ritually pure, to heal and to make ritually acceptable.‖ Hulle maak verder die volgende belangrike onderskeiding: ―Since θαζαξίδσ implies two changes of state, (1) the healing of a disease and (2) the making of a person ritually pure or acceptable, it may be necessary in some languages, and particularly in certain contexts, to render θαζαξίδσ in a relatively explicit manner, namely, ‗to heal and to make ritually acceptable‘ or ‗ … ceremonially clean.‘ 23.138 ακα , ηνο : (afkomstig van άνκαη ‗om te genees of ‗to cause to be well again, to heal,‘ 23.136 ). Die kapasiteit wat iemand besit om te veroorsaak dat iemand anders gesond word (healed or cured)—‗die krag om te genees‘. 23.139 ζεξαπεύσ ; ζεξαπεία , αο : Om te veroorsaak dat iemand sy gesondheid herwin met die implikasie van versorging van daardie persoon. ‗heal, to cure, to take care of, healing.‘ In Matteus 10:1 sien ons dat Jesus die vermoë aan die dissipels gegee het om te kan genees: δσθελ α ηνηο μνπζίαλ … ζεξαπεύεηλ παζαλ λόζνλ ‗Hy het hulle outoriteit gegee…om elke siekte te genees. 23.140 γείξσ : Louw en Nida sê: ―to restore a person to health and vigor (somewhat equivalent to the English idiom ‗to get him on his feet again‘) 23.141 αηξόο , νπ : Iemand wat veroorsaak dat ander gesond word of wat ander genees—dokter/geneesheer‘ “Sickness”, “Disease”, “Weakness” (23.142-23.184) 23.142 θάκλσ : Om siek te wees met die moontlike implikasie ―of being worn-out or wasting away—‗to be sick, to be very sick.‖ 23.143 ζζέλεηα , αο : Louw en Nida definieer hierdie woord as volg: ―the state of being ill and thus incapacitated in some manner—‗illness, disability, weakness.‖ In Matteus 8:17 sien ons: α η ο η ο ζζελείαο κσλ ιαβελ θα η ο λόζνπο βάζηαζελ wat vertaal kan word met ―Hy het ons ongesteldhede op Hom geneem en ons siektes weggeneem.‖ Louw en Nida maak in hierdie verband die volgende belangrike opmerking: It may be extremely difficult in some languages to speak of ‗taking illness‘ or ‗carrying away diseases.‘ A strictly literal rendering of such an expression might suggest immediately that Jesus was a type of medicine man who healed others by taking upon himself precisely the same kinds of diseases (a widespread shamanistic practice). It may therefore be necessary in some languages to translate Mt 8:17 as ‗he caused us to no longer have illness and disease.‘ In this way, one may avoid a specific type of shamanistic practice which would be inappropriate in this context. 43 23.144 ζζελέσ : Om siek te wees en as resultaat daarvan in 'n staat van swakheid te verkeer waar funksionaliteitsverlies ervaar word. 23.145 ζζελήο , έο : Om 'n siekte onder lede te hê en op grond daarvan swak te wees. Louw en Nida sê:—‗sick, ill, weak, disabled.‘ ζζελ ο θα λ θπιαθ θα ν θ πεζθέςαζζέ κε ‗Ek was siek en in die tronk en jy het my nie versorg nie‘ Mt 25.43 . 23.146 δηαθζείξσ : Om stelselmatig jou krag te verloor en swak te word. 23.147 ξξσζηνο , νλ : Om ―sick‖ of ―ill‖ te wees, as 'n staat van magteloosheid. 23.148 θαθσο ρσ : 'n idioom met die letterlike betekenis ‗to have badly‘ of ‗to fare badly‘, to be in a bad state, to be ill—‗to be ill, to be sick‘. Die teenoorgestelde as om wel-af te wees ten opsigte van jou gesondheid. 23.149 πνλεξόο , ά , όλ : 'n Staat van siek wees met spesiale verwysing na die oë. Word gebruik as figuurlike uitbreiding van die betekenis van πνλεξόο ‗boos‘. In Luk 11:34 lees ons: ιύρλνο ηνπ ζώκαηόο ζηηλ θζαικόο ζνπ … π λ δ πνλεξ ο , θα η ζσκά ζνπ ζθνηεηλόλ ‗die oë is soos 'n lamp vir die liggaam…as die oë siek is, sal die hele liggaam in die duister wees. 23.150 ε ο η ρεηξνλ ξρνκαη : 'n Idioom met die letterlike betekenis ―to come to the worse- to become increasingly more sick—to get worse, to become more sick.‖ In Markus 5:26 lees ons: κεδ λ θειεζεηζα ιι καιινλ ε ο η ρεηξνλ ιζνπζα ―.Sy het net sieker geword,‖ 23.151 ζράησο ρσ : 'n Idioom met die letterlike betekenis ―to be at an extreme‘- to be very sick, with the implication of imminent death—Om so siek te wees dat jy amper doodgaan‖ In Markus 5:23 lees ons: η ζπγάηξηόλ κνπ ζράησο ρεη ―my dogtertjie is baie siek.‖ 23.152 βάιισ ε ο θιίλελ : Idioom met die letterlike betekenis: ―Om op 'n bed te gooi‖ Louw en Nida sê: - to cause someone to become very ill—‗to cause illness, to make sick.‘ 23.153 κάζηημ , ηγνο : 'n Staat van ―disease‖, wat goddelike straf impliseer—‗to be diseased, to be sick, disease.‘ In Markus 3:10 lees ons: ζηε πηπίπηεηλ α η λα α ηνπ ςσληαη ζνη ε ρνλ κάζηηγαο ‗sodat almal wat die een of ander siekte gehad het, Hom oorval het om aan Hom te raak.‖ 23.154 καιαθία , αο : 'n Staat van swakheid as gevolg van 'n ―disease‖ of ―sickness‖. 23.155 λόζνο , νπ ; λόζεκα , ηνο : Om in 'n toetstand van dood te verkeer: ―being diseased‖. 44 23.156 δεζκόο , νπ : Louw en Nida definieer hierdie woord as volg: ―(a figurative extension of meaning of δεζκόο a ‗bond,‘ 6.14 ) a state of physical incapacity or illness, usually as the result of some controlling supernatural force (in Lk 13.16 , the result of the activity of Satan)—‗illness.‘ λ δεζελ Σαηαλαο δν δέθα θα θη ηε , ν θ δεη ιπζελαη π ηνπ δεζκνπ ηνύηνπ ‗whom Satan has kept physically incapacitated for eighteen years, should she not be freed from this illness‘ Lk 13.16.‖ 23.157 δέσ : Om fisiese immobiliteit (incapacity) te veroorsaak. Kan ook beteken ‗to cause physical hardship, to cause illness.‘ 23.158 ινηκόο , νπ ; πιεγή , εο ; ζάλαηνο , νπ : 'n Wydverspreide aansteeklike siekte wat geassosieer word met goddelike ingrepe soos 'n plaag of pes. 'n Voorbeeld hiervan is Lukas 21:11 wat sê: ζεηζκνί ηε κεγάινη θα θαη ηόπνπο ιηκν θα ινηκν ζνληαη ‗daar sal groot aardbewings wees, hongersnode, en epidemies sal op baie plekke voorkom.‘ 23.159 ππξέζζσ ; ππξεηόο , νπ ; πίκπξακαη : Om siek te wees as gevolg van koors. In Markus 1:30 lees ons: δ πελζεξ Σίκσλνο θαηέθεηην ππξέζζνπζα ‗Simon se skoonma het daar met 'n hoë koors siek gelê. 23.160 δπζεληέξηνλ , νπ : Louw en Nida verklaar hierdie woord as volg: ―an infectious disease of the intestinal tract, usually involving severe pain and diarrhea— ‗dysentery.‘ ππξεηνηο θα δπζεληεξί ζπλερόκελνλ θαηαθεηζζαη ‗he was in bed with fever and dysentery‘ Ac 28.8 . In some languages one may speak of dysentery as ‗a watery discharge‘ or ‗pain and discharge.‘ 23.161 ιέπξα , αο : Daar is elders in die verhandeling geargumenteer dat geleerdes dit eens is dat Bybelse melaatsheid nie ooreenkomste met hedendaagse melaatsheid of ―Hansen‘s disease‖ het nie (Pilch 2000).50 Louw en Nida verklaar die woord as volg: a dreaded condition of the skin, including what is now regarded as leprosy, as well as certain other types of infectious skin diseases, resulting in a person‘s being regarded as ceremonially unclean and thus excluded from normal relations with other people—‗leprosy, dreaded skin disease.‘ λ ξ πιήξεο ιέπξαο … δεήζε α ηνπ … θαζαξίζαη ‗a man covered with a dreaded skin disease … asked him (Jesus) … to heal him‘ Lk 5.12 . 23.162 ιεπξόο , νπ : Louw en Nida verklaar die woord as volg: ―Iemand wat ly aan ―dread skin disease—‗leper, one having a dread skin disease.‖ 50 Louw en Nida wys tereg op die volgende: ―There are significant differences of opinion with regard to the nature of ιέπξα as mentioned in the NT. Some authorities insist that this type of disease is not in any way related to so-called Hansen‘s disease, while others assume that it does include Hansen‘s disease as well as a number of other skin ailments, including psoriasis, seborrhea, and pinto (a white, spotted discoloration of the skin). From the standpoint of the biblical text, the factor of ritual uncleanness or impurity was even more important than the physical malady.‖ 45 23.163 πίκπξακαη — : ―Om op te swel.‖ 23.164 δξσπηθόο , ή , όλ : Louw en Nida verklaar die woord as volg: ―pertaining to swelling resulting from the accumulation of lymph in the body tissues—‗suffering from dropsy.‖ 23.165 γάγγξαηλα , εο : 'n Siekte wat erge inflammasie behels en moontlik kanker kan wees wat die vleis en bene wegvreet.‖ Sien 2 Tim 2:17. 23.166 ζθσιεθόβξσηνο , νλ : Om deur wurms geëet te word. In Handelinge 12:23 lees ons: γελόκελνο ζθσιεθόβξσηνο μέςπμελ wat vertaal kan word met: ‗Hy was deur wurms geëet en het doodgegaan.‘ 23.167 ζπαξάζζσ ; ζπζπαξάζζσ : Verwys na konvulsies: ―to cause a person to shake violently in convulsions—‗to throw into convulsions, to throw into a fit.‖ In Markus 1:26 lees ons: ζπαξάμαλ α η λ η πλεπκα η θάζαξηνλ θα θσλεζαλ θσλ κεγάι μειζελ μ α ηνπ ‗die bose gees het hom in 'n spasma gegooi, hard geskree en uit hom beweeg‖. 23.168 ήγλπκη or ήζζσ : Hierdie woord kan verklaar word as: ―to cause to fall to the ground in convulsions—‗to throw down in convulsions, to throw into a fit.‖ In Markus 9:18 lees ons: πνπ λ α η λ θαηαιάβ ήζζεη α ηόλ wat vertaal kan word as: ―(die gees) gooi hom op die grond neer in konvulsies‖. 23.169 ζειεληάδνκαη : Om aan epilepsie te ly: (In die antieke tyd geassosieer met die bonatuurlike krag van die maan). 23.170 παξαιύνκαη : Om lam te wees in een of meer ledemate, veral die voet of been. 23.171 παξαιπηηθόο , ή , όλ : Om verlam te wees en nie te kan loop nie. 23.172 μεξαίλνκαη : Firguurlike betekenis: ―om op te droog‖. Om styf te word tot op die punt waar daar nie beweeg kan word nie. Markus 9:18 sê: ηξίδεη ην ο δόληαο θα μεξαίλεηαη ‗…hy kners op sy tande en sy spiere trek saam.‖ 23.173 μεξόο , ά , όλ : Verwysend na 'n ―withered‖, ―shrunken‖, immobiele deel van die liggaam. 23.174 παξίεκαη : Om te ly aan swakheid en gebreklikheid aan 'n deel van die liggaam—‗to be weak, to be weakened.‘ 23.175 ρσιόο , ή , όλ : Gebreklikheid wat die funksionaliteit van die laer liggaamsdele inhibeer. 23.176 θπιιόο , ή , όλ : Gebreklikheid in een of meer liggaamsdele, veral die voet of been jeens misvormdheid —‗crippled.‘ 46 23.177 λάπεηξνο , νλ : 'n Staat van ―being maimed or mutilated, resulting in a crippling condition—‗maimed, mutilated, crippled.‖ 23.178 θηξέπσ : Om die ligamente te skeur of te trek‘ 23.179 ιθνο , νπο : Louw en Nida verklaar hierdie woord as: ―a painful, ulcerated sore resulting from infection—‗sore, ulcer.‖ 23.180 ιθόνκαη : Om sere op die liggaam te hê—‗to have sores, to have ulcers, to be full of sores.‘ 23.181 α κνξξνέσ : Om bloed te verloor of aan bloedvloeiing te ly. 23.182 πεγ α καηνο: 'n Idioom wat letterlik ‗a fountain of blood‘ of ―vloei van bloed‖ beteken. In Markus 5:29 lees ons: πεγ α καηνο: ε ζ ο μεξάλζε πεγ ηνπ α καηνο α ηεο en wat vertaal kan word met ―onmiddellik het haar boedvloeiing gestop.‖ 23.183 α καηεθρπζία , αο : Die proses wat veroorsaak dat bloed uitvloei—Om te veroorsaak dat iets bloei. 23.184 πνςύρσ : Om jou bewussyn tydelik te verloor —‗om flou te word‘. 2.3. OPSOMMING VAN EN KOMMENTAAR OP LOUW EN NIDA EN ANDER WOORDEBOEKE SE KATEGORISERING Dit wil voorkom of Louw en Nida en andere geleerdes in hulle woordeboeke veral wys op die funksionaliteits-verlies wat met siekte intree, met ander woorde die ―doing‖ -dimensie (vgl. 23.1.7), maar nie altyd genoeg maak van die ―being‖ dimensie nie. Pilch (2000:4-17) onderskei tussen hierdie twee dimensies (―being‖ en ―doing‖) en wys daarop dat die moderne Westerse ideologie siekte en die implikasie daarvan veral interpreteer teen die agtergrond van funksionaliteitsverlies (―doing‖) en nie siekte soos byvoorbeeld melaatsheid in die moderne konteks sou koppel aan sosiaal-religieuse onreinheid (―being‖) nie (vgl. Pilch 2000:6-7). Sosiaal- wetenskaplike studies soos die van Malina (1995; 1996); Malina en Neyrey (1991); en andere soos Seybold en Müller (1978) verwys daarna dat siektes soos byvoorbeeld melaatsheid in die antieke Mediterreense konteks nie net 'n verlies van ―doing‖ behels het nie maar ook negatiewe sosioreligieuse implikasies ingehou het en so 'n individu ook gekontamineer is in sy ―being‖. Seybold en Müller (1978) merk byvoorbeeld in 47 terme van die ―being‖ dimensie op: ―Sollte ein Kranker geheilt werden, so muss der Priester den Geheilten danach ausdrücklich für rein erklären. Erst dann darf er sich wieder normal in menschlicher Gesellschaft aufhalten.― Neyrey (1991:285) stem hiermee saam en wys ook daarop dat siekes nie as ―heel‖ en ―heilig‖ beskou is nie: ―Those with bodily defects such as the lame, the blind and the deaf are lacking wholeness according to Lev 21:16-20. Lacking bodily wholeness, they lack holiness. Such may not be priests nor may they bring offerings into the holy temple‖ (vgl. ook Milgrom 1991:1001). Ander geleerdes soos Newman (1993:107) verklaar in sy woordeboek die betekenis van melaatsheid byvoorbeeld soos volg, sonder dat die sosiaal-religieuse (―being‖) implikasies daarvan verdiskonteer word: λεπίρ , ίδορ flake, (fish)scale λέππα , αρ leprosy, skin disease λεππόρ , οῦ leper, a man with a skin disease Andere soos Arndt, Gingrich, Danker en Bauer (1996) gee die volgende inligting rakende melaatsheid (λέππα, αρ, ἡ): ―There is abundant evidence that not all the תצַ רַץָ (cf. Lev 13 and 14) and λέππα of the Bible is true leprosy caused by Hansen‘s bacillus as known in modern times; indeed, there are many (see Gramberg and Cochrane below) who hold that Hansen‘s disease was unknown in biblical times, or known by a different name than leprosy. λέππα in LXX and NT probably refers to such skin diseases as psoriasis, lupus, ringworm, and favus.‖ Myns insiens is dit duidelik dat Arndt, Gingrich, Danker en Bauer (1996) in hulle verklaring ook nie die sosiaal-religieuse dimensie voldoende verdiskonteer nie. Dit word ook duidelik as daar na hulle verklaring van siekte (ἀςθενέψ) gekyk word: 1. Literally a. of bodily weakness be sick b. of weakness of any kind... 2. Figuratively of religious and moral weakness.... Ro 14:2; 1 Cor 8:11f; 2 Cl 17:2. With ςκανδαλίζεςθαι Ro 14:21 v.l.; ἀ. σῆ πίςσει be weak in faith 4:19; 14:1 (i.e. over-scrupulous). Generally of faint-heartedness and fearfulness 2 Cor 11:29. 3. be weak economically, be in need... cf. confer (compare) 48 Dit herinner myns insiens aan die gevaar van etnosentriese interpretasie van siekte of ongesteldheid wat nie die kulturele dimensie daarvan met sensitiwiteit verdiskonteer nie. Daar kan egter wel met Louw en Nida (1989: ad loc) hier bo saamgestem word dat die meeste siekte toestande in 'n mindere of meerdere mate 'n verlies van lewensmoontlikhede behels het. In hulle bespreking van die terme vir genesing of gesondheid verdiskonteer hulle wel die kultiese dimensie van genesings wat by implikasie inherent insig gee aangaande die sosioreligieuse implikasie van die siekte (vgl. 23.137). Dit wil verder voorkom of daar 'n leemte is in Louw en Nida se beskrywing in die sin dat die Johannese begrip van genesing nie in totaliteit in ag geneem het nie. In hulle Westers-georiënteerde lees van die teks het hulle moontlik nie hierdie element verdiskonteer nie. In Johannes word genesing direk aan Jesus se vermoë om lewe te gee gekoppel. Jesus genees nie net biologies en sosiaal-religieus nie, maar genees ook eskatologies. Daarmee word bedoel dat die begrip genesing in Johannes soteriologiese implikasies inhou in die sin dat dit gekoppel word aan belangrike soteriologiese waardes soos ewige lewe en rekonsiliasie (vertikaal en horisontaal). Die genesingshandelinge van Jesus, asook die restourasie van Jesus uit die dood, realiseer telkens teen die agtergrond van die woorde wat Jesus deur die loop van die evangelie gespreek het, of die raamwerk/dekor wat geskep is. Die skrywer verf as‘t ware die agtergrond dekor voor die tyd en dan speel die genesingstoneel teen daardie spesifieke dekor af. Die groot vraag is dus, wat is die verband tussen die dekor en die genesingshandelinge? Die verband lê myns insiens daarin dat die dekor alles oor lewe gaan (vgl. 1:4; 3:16; 20:30-31). Lewe is die teenpool van dood. Dood is die ergste vorm van gebrokenheid. Dood staan dus in kontras met die dekor wat geskets word, soos 'n wit objek teen 'n swart agtergrond. Die verband tussen die dekor en die genesingshandelinge is beide kreatief en beskrywend. Dit is kreatief in die sin dat dit die moontlikheid tot nuwe lewe en restourasie skep, wat uiteindelik in die kulminerende restouratiewe handeling in Johannes realiseer (opstanding), maar ook beskrywend van dit wat alreeds herskep word – lewe wat alreeds realiseer met die koms van Jesus na die aarde (vgl. 5:24). Mens kan dus sê dat die verband tussen die dekor en die genesingshandelinge daarin lê dat dit alles uiteindelik uitloop op dit wat Jesus alleen kan aanbied, naamlik die lewe. Juis om hierdie rede behoort Lewe as 49
Description: