ebook img

Sakeman en Politikus aan die Kaap 1859 PDF

221 Pages·2011·1.81 MB·English
by  
Save to my drive
Quick download
Download
Most books are stored in the elastic cloud where traffic is expensive. For this reason, we have a limit on daily download.

Preview Sakeman en Politikus aan die Kaap 1859

Sir David Pieter de Villiers Graaff: Sakeman en Politikus aan die Kaap 1859 –1931 Ebbe Dommisse Proefskrif ingelewer vir die graad Doktor in die Wysbegeerte (Geskiedenis) in die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch Promotor: Prof A M Grundlingh Desember 2011 University of Stellenbosch: http://scholar.sun.ac.za 1                            Kopiereg © 2011 Universiteit van Stellenbosch Alle regte voorbehou University of Stellenbosch: http://scholar.sun.ac.za 2    Opsomming Hierdie studie is ‘n biografie van sir David Pieter de Villiers Graaff, die baronet van Kaapstad wat in 1859 gebore en in 1931 oorlede is. Dit dek sy hele lewensloop, van sy geboorte-uur as arm plaasseun in die distrik van Villiersdorp totdat hy as een van Suid-Afrika se innoverendste sakemanne gesterf het nadat hy hom ook in ‘n politieke loopbaan onderskei het. As die pionier van koelbewaring in Suid-Afrika het hy teen die einde van die negentiende eeu die verkoeling van vleis en voedsel op groot skaal na die land gebring en in die vleisbedryf een van die grootste sakeondernemings in die Suidelike Halfrond opgebou. As burgemeester van Kaapstad op die jeugdige ouderdom van 31 het hy ‘n deurslaggewende bydrae tot die modernisering van die stad gelewer. As lid van genl. Louis Botha se eerste Kabinet na Uniewording in 1910, ‘n bepalende gebeurtenis waardeur die landsgrense van die huidige Republiek van Suid-Afrika vasgelê is, het hy ‘n soms onderskatte rol in die opgang van die land en die landsekonomie na die beproewinge en langtermyn-gevolge van die Anglo-Boere-oorlog gespeel. Die lewensverhaal van hierdie komplekse sakeleier-politikus, ‘n Kaapse Afrikaner wat as vrygesel op gevorderde leeftyd ‘n erflike Britse titel ontvang het en daarna met die dogter van die leraar van sy NG gemeente getroud is, is boonop ‘n boeiende voorbeeld van die moeilike keuses wat Kaapse Afrikaners in koloniale tye tussen trou aan die Britse Ryk en verankering in die Suid- Afrikaanse bodem moes maak. Sy lewensverhaal bied voorts insig in die rol van ‘n top-sakeman wat tot die aktiewe politiek toetree, ‘n faset wat in die Suid-Afrikaanse geskiedskrywing nog weinig ontgin is. Deur die mosaïek van sy lewe uit te beeld in die tydsgewrig waarin hy ‘n prominente figuur was, is gepoog om ook meer lig op die maatskaplike en kulturele konteks van daardie epogmakende tydperk te werp en sodoende ‘n genuanseerde begrip van die Suid- Afrikaanse verlede te bevorder. University of Stellenbosch: http://scholar.sun.ac.za 3    Abstract This study is a biography of Sir David Pieter de Villiers Graaff, Bt, of Cape Town, who was born in 1859 and died in 1931. It covers his whole life span, from his birth as a poor farm boy in the district of Villiersdorp until his death as one of South Africa’s most innovative businessmen after he also distinguished himself in a political career. As the pioneer of cold storage in South Africa he brought the practice of frozen meat and food to the country at the end of the nineteenth century and in the meat trade he built up one of the biggest business undertakings in the Southern Hemisphere. As mayor of Cape Town at the youthful age of 31 he played a decisive rol in the modernisation of the city. As a member of Genl. Louis Botha’s first Cabinet after Union in 1910, a defining event which laid down the borders of the present Republic of South Africa, he played a sometimes underestimated role in the development of the country and its economy after the tribulations and long-term effects of the Anglo-Boer War. The life of this complex businessman/politician, a Cape Afrikaner who as a bachelor at an advanced age received a hereditary British title and thereafter married the daughter of the dominee of his Dutch Reformed congegation, is also a fascinating example of the difficult choices which Cape Afrikaners in colonial times had to make between loyalty to the British Crown and commitment to the native soil of South Africa. His biography furthermore offers an insight into the role of a top business leader who enters politics, a facet which has received little coverage in South African historial research. By describing the mosaic of his life in the time span in which he was a prominent figure, it was endeavoured to cast more light on the social and cultural context of an epoch-making period, thereby seeking to contribute to a nuanced understanding of the South African past. University of Stellenbosch: http://scholar.sun.ac.za 4    INHOUDSOPGAWE Voorwoord………………………………………………………………………………………...5 1 Inleiding: Herder tot hoogtes………………………………………………………………9 2 Kind van die Overberg……………………………………………………………………..13 3 In Van Riebeeck se stoel……………………………………………………………….....24 4 Parlementslid en Rhodes………………………………………………………..………..42 5 Oorlog………………………………………………………………………………..……….66 6 Imperial Cold Storage en Graaffs Trust…………………………..…………………..79 7 Uniewording…………………………………………………………………………………96 8 Baronet en Skeepsring…………………………………………………………………..116 9 Krisisse,‘n bruilof en diamante ……………………………………………………138 10 Terug na De Grendel en sakelewe………………………………………………..….169 11 Afsterwe en nalatenskap……………………………………………………………….196 Bronnelys……………………………………………………………………………………...213 University of Stellenbosch: http://scholar.sun.ac.za 5    Voorwoord   Hierdie biografie is die eerste een wat die volle lewensloop van sir David Pieter de Villiers Graaff dek. Geen omvattende biografie is nog oor hom geskryf nie, afgesien van ‘n honneurstesis wat hoofsaaklik oor sy rol in die Kaapse stadsraad handel.1 Inderdaad is weinig studies nog onderneem oor Suid-Afrikaners wat as die tweede linie van politieke leiersfigure bestempel kan word, maar wat wel betekenisvolle invloed uitgeoefen het. Dit staan in teenstelling met heelwat materiaal wat beskikbaar is oor mense wat tot die eerste linie van politieke leiersfigure gereken kan word, soos die biografieë en ander werke oor Louis Botha, Jan Smuts, D.F. Malan, P.W. Botha, F.W. de Klerk, Nelson Mandela en Thabo Mbeki. Graaff se lewensverhaal is ‘n fassinerende stuk geskiedenis, veral omdat dit nie net die besonder gebeurtenisvolle tydperk ten tyde van Uniewording omvat nie. Graaff die invloedryke politikus was ook ‘n hoogs suksesvolle sakeman, ‘n entrepreneur wat as die pionier van koelbewaring in Suid-Afrika ‘n fortuin uit bevrore vleis en voedsel opgebou het. Graaff se rol as sakeman in die politiek bied op sigself stof vir ‘n afsonderlike studie, aangesien die rol van sakeman-politikus in die Suid-Afrikaanse geskiedenis nog weinig ontgin is. Op die koop toe verteenwoordig hy as sakeman ‘n besondere suksesverhaal – die brandarm plaasseun wat ‘n internasionale voedselketting opgebou het. Dan is daar ook nog die rariteit van sy erflike baronetskap, wat met die spogplaas De Grendel verbind is. Die navorsing oor hierdie veelsydige en komplekse pioniersfiguur is begin nadat sy kleinseun, sir David Graaff, die wens teenoor die skrywer uitgespreek het dat ‘n boek oor sy oupa geskryf word. Lede van die Graaff-familie het samewerking in die navorsing verleen, maar daar was geen inmenging of beperking van enige aard nie, slegs die versoek dat die relaas so getrou en akkuraat as moontlik moet wees. In die loop van die navorsing oor Graaff, wat ‘n veel omvattender werk opgelewer as wat aanvanklik gemeen is, het prof. Alex Mouton as hoogleraar in geskiedenis aan die Universiteit van Suid-Afrika ‘n intreerede oor die waarde van ‘n biografie vir geskiedskrywing gelewer wat ook ‘n beduidende invloed op hierdie studie gehad het. Daarin het hy betoog dat, sonder biografiese studies van parlementêre politici, dit moeilik sal wees om die Suid-Afrika van voor 1994 te begryp.2 Mouton gaan voort: “The crucial contribution of biography is that it humanises history as it reflects life ― its heroism, nobility, endurance, folly, ignorance, weaknesses and brutality. For the British biographer Michael Holroyd, biographers are the messengers of the dead calling to us out of the past, asking to be heard, remembered and understood.3 As G.M. Trevelyan hauntingly                                                              1 S. Orman, “Sir David Graaff, Businessman and Politician, 1881-1910”. 2 F.A. Mouton, “‘The good, the bad and the ugly’: Professional historians and political biography of South African parliamentary politics, 1910-1990.” Intreerede by Unisa, 27 Oktober 2009. 3 M Holroyd, Works on paper: The craft of biography and autobiography. p. 19. University of Stellenbosch: http://scholar.sun.ac.za 6    summarised it: “… the poetry of history lies in the quasi-miraculous fact that once, on this earth, once on this familiar ground walked other men and women, as actual as we are today, thinking their own thoughts, swayed by their own passions, but now all gone, one generation vanishing into another, gone as utterly as we ourselves shall shortly be gone, like ghosts at cockcrow.”4 In Graaff se politieke loopbaan was hy op sy eie en in sy wisselwerking met die belangrikste politici van sy era ‘n voorste deelnemer aan ‘n rigtingbepalende tydperk in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. As vertroueling van die eerste twee Suid-Afrikaanse premiers ná 1910 was hy deel van die betreklik klein netwerk van vooraanstaande persoonlikhede wat die gang van die geskiedenis ná Uniewording bepaal het. Sy lewensloop strek daarby wyer. Dit kan ook meer lig werp op die verhouding tussen sakelui en politici, des te meer aangesien hy as suksesvolle entrepreneur so ‘n belangrike bydrae tot die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse ekonomie gelewer het. Sy kundigheid as sakeman het boonop ‘n deurslaggewende rol in die plaaslike politiek van Kaapstad gespeel deurdat hy op betreklik jeugdige leeftyd die dryfkrag agter die modernisering van die destydse agterlike munisipale bestuur van die Moederstad was. In hedendaagse historiografie is sy lewensverhaal relevant aangesien biografiese geskiedskrywing in die laaste paar dekades aansienlik meer aandag van historici begin kry het, onder meer as gevolg van wyer ontwikkelinge in kontemporêre historiese analise. Prof. Barbara Caine, hoogleraar in geskiedenis aan die Monash Universiteit in Australië, wys in hierdie verband in ‘n onlangse werk op die afgelope drie tot vier dekades se merkbare beweging weg van strukturalistiese benadering en uitleg in die geesteswetenskappe. Die agteruitgang van Marxisme, beide as ‘n teoretiese benadering en ‘n intellektuele invloed, wat na die ineenstorting van die Sowjet-blok in die tagtigerjare momentum gekry het, het aanleiding tot ‘n reeks van historiese vrae gegee. Die voorrang van klasseverskille het gewyk voor vraagstukke wat oor klassegrense heen strek, insluitende gender, etnisiteit en geslagsidentiteit. Eweneens is die “groot narratief” van dominante groepe se grootskaalse teorieë en ontledings van historiese en maatskaplike veranderings in twyfel getrek; dit is algaande beskou as die onderdrukking en selfs stilmaak van ondergeskiktes. Caine beskryf die belang van biografie in hierdie verband soos volg: “At a time when historians want to stress the need to encompass the many different historical narratives which could be produced at any one time … individual lives have become more and more important because of the many ways in which they can illustrate how differences of wealth and power, of class and gender and of ethnicity and religion have affected historical experiences and understanding. Within this framework, biography can be seen as the archetypal ‘contingent narrative’ and the one best able to show the great importance of particular locations and circumstances and the multiple layers of historical change and experience.”5 In die lig van die groter waarde wat in die laaste tyd aan historiese biografieskrywing geheg word, is kennis geneem van die drie vernaamste strominge in Suid-Afrikaanse geskiedskrywing, naamlik die nasionalistiese, Marxistiese en liberale benadering. Juis die onlangse wegbeweeg van strukturalisme in die geesteswetenskappe maak dit wenslik dat te                                                              4 D. Cannadine, G.M. Trevelyan, A Life in History, p. 190. 5 B. Caine, Biography and History, pp. 2 en 124. University of Stellenbosch: http://scholar.sun.ac.za 7    noue kategorisering met enige van hierdie strominge sover moontlik vermy moet word. Ander gevaarligte dreig ook wanneer vooroordeel in biografieskrywing oorneem, hetsy in ‘n bloot aftakelende ikonoklastiese aanslag of oordrewe empatie wat in ‘n hagiografie eindig. Daarom was die vertrekpunt met Graaff se lewensverhaal om ‘n vertolkende, kritiese biografie te skryf, dus ‘n benadering wat die dissiplinêre konvensies van die historikus eerder as die tegnieke van die literêre outeur of ‘n herinneringswerk (commemorative biography) volg. Die verskil tussen hierdie werkwyses en genres is onder andere belig deur Hans Renders, wat die ontwikkeling van die biografie sedert die laat-sewentiende eeu se aanvanklik bloot aanprysende lewensverhale uitvoerig uiteengesit het. Hy wys daarop dat die vertolkende, kritiese biografie op diverse bronne, persoonlik sowel as onregstreeks, gegrond is. Dit plaas die biografiese onderwerp in ‘n spesifieke konteks en beskryf die mate waarin hy of sy uniek in sy omgewing was.6 Met die oog hierop is gepoog om ‘n beeld van Graaff in sy tyd te gee, nie ‘n relaas van die man en die tyd waarin hy geleef en gewerk het nie. Dit is dus dieselfde benadering as wat W.K. Hancock in sy omvangryke biografie oor Smuts gevolg het.7 Hierbenewens verg die skryf van so ‘n biografie, soos Lytton Strachey ingesien het, dat dit nie net ‘n blote versameling van feite in chronologiese volgorde moet wees wat in ‘n “dorre kroniek sonder lewe” eindig nie.8 Empatie vir die onderwerp moet nogtans nie uitloop op die gevaar wat Hancock uitwys, dat ‘n biograaf die historiese verloop verdraai deurdat hy die onderwerp se pleitbesorger word nie. Begrip vir die onderwerp se lewe, gegrond op noulettende aandag aan beskikbare getuienis en bronne, kan die biograaf die kragte laat begryp wat daardie lewe gevorm het, die motiewe wat dit aangevuur het, en die konteks waarbinne dit plaasgevind het.9 Hoewel betreklik min argivale materiaal oor Graaff se persoonlike lewe bestaan en slegs enkele briewe van hom en sy eggenote behoue gebly het, is tog gepoog om die mosaïek van sy lewe uit te beeld. Hierdeur kan bygedra word om beter begrip van die verlede te bevorder. Voorts kan in ag geneem word dat die klem op die belang en betekenis van ‘n enkeling se lewe historici in die negentiende en twintigste eeu verontrus het. Tog het ontwikkelinge sedertdien in die geesteswetenskappe die belangstelling laat verskuif na die wyse waarop ‘n individuele lewe wyer patrone in die samelewing weerspieël of as ‘n toonbeeld van die uitwerking van maatskaplike, ekonomiese en politieke veranderings op gewone mense kan dien.10 Navorsing oor Graaff se loopbaan is hier te lande sowel as in die buiteland onderneem. Van die belangrikste argivale bronne in Suid-Afrika is in die Nasionale Biblioteek in Kaapstad en die                                                              6  H. Renders, De Seven Hoofdzonden van de Biografie: Over Biografen, Historici en Journalisten, asook sy artikel “Did Pearl Harbour Change Everything?: The Deadly Sins of Biographers,” Journal of Historical Biography 3 (Spring 2008). 7 W,K, Hancock, Smuts II: The Fields of Force, p. xii: “I have tried not to write about Smuts and his times but I have had to write about Smuts in his times.” 8 J.C. Kannemeyer haal Strachey in hierdie verband aan in “Biografiese geskiedskrywing: ‘n Rekenskap” in die Tydskrif vir Letterkunde 43 (1). 9 F.A. Mouton, Prophet without Honour, p 3. 10 B. Caine, Biography and History, p. 122. University of Stellenbosch: http://scholar.sun.ac.za 8    Nasionale Argief in Kaapstad en Pretoria gevind. Ander primêre bronne is die versamelings van die Graaff-familie en Graaffs Trust, asook Imperial Cold Storage se dokumentasie in onderskeidelik De Beers en Tiger Brands se argiewe in Kimberley en Johannesburg. Die biblioteke van die Universiteit van Stellenbosch en die Universiteit van Kaapstad beskik oor ‘n groot aantal sekondêre, maar ook primêre bronne. Voorts is in persoonlike onderhoude met ‘n verskeidenheid van mense, hier en in die buiteland, waardevolle inligting bekom. In die buiteland was die argivale bronne van Rhodes House en die Bodleian Library in Oxford, die Cambridge University Library, die National Library in Londen en die National Archives in Kew, Londen, tot groot nut om dieper insig in Graaff se loopbaan te verkry. Uitvoerige gebruik is ook gemaak van koerantberigte en –artikels, wat as ‘n vername primêre vorm van geskiedskrywing beskou kan word. Aanhalings in die proefskrif is behou in die taal waarin dit oorpronklik geskryf is, hetsy Nederlands, Engels of Afrikaans. Ook is die destydse geldstelsel en mate en gewigte deurgaans gebruik, aangesien die metrieke stelsel eers in die middel van twintigste eeu in Suid-Afrika in gebruik geneem is. Die kwessie van “ras” is behandel in die konteks van die tydperk onmiddellik ná die Anglo-Boere-oorlog, toe dit hoofsaaklik verwys het na die stryd tussen Afrikaans- en Engelssprekendes – destyds beskou as “rassisme” - in teenstelling met die latere veelrassige beskouings. Dankbare erkenning is verskuldig aan die promotor van hierdie studie, prof. Albert Grundlingh, hoogleraar in geskiedenis aan die Universiteit van Stellenbosch, nie net vir sy aanmoediging nie, maar veral vir sy waardevolle wenke en kritiese insig wat die biografie moontlik gemaak het. Ander mense wat behulpsaam met die navorsing was en spesiale vermelding verdien, is Melanie Geustyn van die Nasionale Biblioteek in Kaapstad; Jaco van der Merwe van die Argief in Kaapstad; Charmaine McClean van De Beers Argief in Kimberley; Liesl du Preez en Gustav Hendrich, navorsers in Pretoria en Kaapstad; die personeel van die Bodleian Library en Rhodes House in Oxford en die National Archives, College of Arms en British Library in Londen; personeel van die universiteitsbiblioteke van Stellenbosch en Kaapstad; Chris Theron en Brett Moore van Graaffs Trust in Kaapstad; en Pieter Cronjé van die Kaapse stadsraad. Dankbare erkenning gaan ook aan Richard Rosenthal en familie vir hul verlof om Eric Rosenthal se ongepubliseerde manuskrip oor Imperial Cold Storage te raadpleeg.   Laastens ‘n besondere woord van dank aan my vrou, Daléne, vir haar liefde, geduld en volgehoue belangstelling in ‘n projek wat ‘n jaar of wat langer geduur het as wat aanvanklik gemeen is.   Ebbe Dommisse Kaapstad 2010 University of Stellenbosch: http://scholar.sun.ac.za 9    Hoofstuk 1 Inleiding: Herder tot hoogtes Skaars ‘n paar maande na Uniewording in 1910 demonstreer die Unie van Suid-Afrika vir die eerste keer met mening sy nuut verworwe onafhanklike status van die voormalige koloniale owerheid, Brittanje. Dit geskied in die Parlementsitting van 1911 onder aanvoering van ‘n Suid- Afrikaanse kabinetslid aan wie die Britse koning kort tevore ‘n erflike titel toegeken het: sir David Pieter de Villiers Graaff, die baronet van Kaapstad. Die demonstrasie van Suid-Afrikanisme vind plaas onder die vleuels van die onwaarskynlike portefeulje van Pos- en Telegraafwese, een van die twee poste wat Graaff in die eerste Unie- kabinet beklee het. Ter sprake was die Skeepsring, ‘n kombinasie van Britse skeepsrederye wat met samespanning en ‘n afslagstelsel (rabatte) op hul pos- en vragskepe ‘n wurggreep op die Kaapse seeroete gehandhaaf het. Graaff, ‘n vertroueling van die eerste premier, genl. Louis Botha, was vasbeslote om hieraan ‘n einde te bring. Dit verg ‘n nuwe Poswet, maar ook al die sakevernuf wat Graaff, die pionier van koelbewaring in Suid-Afrika, onderskei het in ‘n sakeloopbaan wat reeds op elfjarige leeftyd begin het. ‘n Joernalis wat die gebeurde vroeg in die Volksraadsitting van 1911 uit die Persgalery dopgehou het, beskryf hoe die jong nasie onder aanvoering van Graaff op sy agterpote gekom en oorlog teen die Skeepsring met sy rabatte, voorskriftelikheid en onregverdige tariewe verklaar het. Die Unie van Suid-Afrika, pas tevore saamgesnoer uit vier provinsies met ‘n bewoë geskiedenis, laat hoor ‘n magtige brul; ‘n brul om aan te toon dat hy baas op sy eie werf wil wees.1 Graaff, die aanvoerder van ‘n kruistog, kry ’n triomfantelike ontvangs in die Parlement, waar bo-oor partyverbintenisse heen steun aan hom verleen word. Sy optrede sou jare later steeds in herinnering geroep word. In koerantberigte is verklaar dat daar destyds in Suid-Afrika net twee sakelui was wat die ingewikkelde onderhandelinge kon hanteer, Graaff en John William Jagger, die Kaapse groothandelaar. Graaff se vertoning word ‘n parlementêre hoogtepunt in ‘n veelsydige loopbaan waarin hy in meer as een opsig ‘n stempel op die Suid-Afrikaanse landskap laat. Nie net as invloedryke politikus nie – hy was later ook minister van finansies en hoë kommissaris in Londen – maar ook as welgestelde sakeman en suksesvolle boer. Weinig ander top-sakelui sou in die Suid-Afrikaanse geskiedenis so ‘n invloedryke rol in die politieke hiërargie soos Graaff beklee. As vriend en vertroueling van die verenigde Suid-Afrika se eerste twee premiers, Louis Botha en Jan Smuts, het hy intieme insae en by tye deel gehad aan die groot besluite wat die twee Boeregeneraals oor etlike gewigtige kwessies moes neem. ‘n Betekenisvolle aspek van sy loopbaan was sy vermoë om tussen verskillende sfere, byna verskillende wêrelde, te beweeg. Sy komplekse loopbaan - as kapitalis-politikus, as entrepreneur en vernuwer, as Kaapse Afrikaner wat tussen Boere-simpatie en Brits-imperiale magte moes beweeg, as ‘n aanvanklik arm plaasseun wat naderhand ‘n sleutel-posisie op deurslaggewende momente beklee het – werp meer lig op die, politieke, maatskaplike en kulturele lewe van daardie tydperk in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. In hierdie opsig bied sy lewensloop ‘n historiese venster op ‘n spesifieke tydperk en kan dit tot groter kennis en begrip van die verlede bydra.2 Inderdaad rus die “nuwe Suid-Afrika” wat in 1994 begin het op fondamente wat heelwat ouer is, en daartoe het mense soos Graaff bygedra. Sy buitengewone welslae as sakeman alleen is relevant in die 21ste-eeuse Suid-Afrika se omstandighede van                                                              1 The Cape Argus, 7 Maart 1911.  2 F.A. Mouton het in sy intreerede by Unisa op 27 Oktober 2009, “‘The good, the bad and the ugly’: Professional historians and political biography of South African parliamentary politics, 1910-1990”, behartigenswaardig hierop gewys.

Description:
summarised it: “… the poetry of history lies in the quasi-miraculous fact that once, on this earth today, thinking their own thoughts, swayed by their own passions, but now all gone, one .. 6 M. O'Dowd, ““An Assessment of the English-Speaking South Africans' Contribution to the Economy”,
See more

The list of books you might like

Most books are stored in the elastic cloud where traffic is expensive. For this reason, we have a limit on daily download.