Description:RUT, DIE ONVERSKROKKENE is die derde van vyf novelles oor die vroue in die geslagsregister van Jesus. Hulle het in antieke tye geleef en tog kan ons hulle verhale toepas op ons eie lewe. Vasbeslote om haar skoonma by te staan, weier Rut om Naomi te verlaat. Sy volg haar na ’n vreemde land en ’n vreemde godsdiens, met die seker wete dat God sal voorsien. Ingesluit is ’n Bybelstudie in ses dele wat geskik is vir individue of groepbesprekings.