AKSIE ÉN KONTEMPLASIE? OP WEG NA MISTIEK-PROFETIESE GEREFORMEERDE SPIRITUALITEIT IN DIALOOG MET DAVID TRACY EN K.H. MISKOTTE LEONARD DIRK HANSEN Proefskrif ingelewer vir die graad Doktor in die Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch Promotor: Prof. D.J. Smit Desember 2008 Verklaring Deur hierdie proefskrif elektronies in te lewer, verklaar ek dat die geheel van die werk hierin vervat, my eie, oorspronklike werk is, dat ek die outeursregeienaar daarvan is (behalwe tot die mate uitdruklik anders aangedui) en dat ek dit nie vantevore, in die geheel of gedeeltelik, ter verkryging van enige kwalifikasie aangebied het nie. Datum: 10 November 2008 Kopiereg © 2008 Universiteit van Stellenbosch Alle regte voorbehou OPSOMMING Hierdie studie ondersoek die verband tussen mistiek en sosiale aksie (wyd verstaan, om ook politieke en ekonomiese aksie in te sluit), oftewel soos dit eeue lank in die Christelike tradisie geformuleer is: die verhouding tussen aksie en kontemplasie. In hoofstuk 1 word kortliks tussen verskillende soorte Christelike spiritualiteite onderskei. Die rede vir hierdie ondersoek word ook gestel, naamlik die hedendaagse soeke onder sommige Gereformeerdes na ’n meer kontemplatiewe spiritualiteit, maar met behoud van die sosiaal en polities betrokke karakter van Gereformeerde spiritualiteit. In hoofstuk 2 word gelet op die oorsprong en ontwikkeling van kontemplasie (of soos dit vandag algemeen bekend staan, “mistiek”). Aan die hand van die veranderings in, skeeftrekkings van en wanpersepsies oor die betekenis van dié term wat oor die eeue heen ontstaan het, word gesoek na ’n hedendaagse definisie van mistiek wat hierdie aspekte aansny. ’n Belangrike deel van hoofstuk 2 is die fokus op die verhouding tussen aksie en kontemplasie/mistiek. ’n Oorsig van hierdie vraagstuk word gegee, vanaf die patristiek tot ongeveer die tyd van die Kontrareformasie. Daarna word gekyk na die mate waarin skeeftrekkings ook wat hierdie vraagstuk betref in die geskiedenis van die Christendom ontstaan het, en gekorrigeer is al dan nie. In hoofstuk 3 word kortliks stilgestaan by die onlangse herwaardering en inkorporering van die mistiek tesame met ’n verbintenis tot sosiale aksie in die teologie van sommige vooraanstaande “mistiek-politieke” Rooms-Katolieke teoloë van die 20ste eeu. Daar word dan spesifiek gefokus op hoe ’n waardering vir die mistiek figureer in die teologiese projek van die 20ste-eeuse Amerikaanse teoloog David Tracy, en die ontwikkeling en herformulering daarvan as mistiek-profetiese teologie in sy werk. Veral belangrik vir die doeleindes van hierdie studie is sy gebruik van die Ricoeuriaanse metodiek van “suspisie en herwinning”, wat tot Tracy se herwinning en inkorporering van die Christelike mistieke tradisie in sy teologie gelei het. Laasgenoemde vorm die metodologiese basis vir die volgende hoofstuk. Hoofstuk 4 neem die vorm aan van ’n “suspisie-en-herwinning-oefening” met die oog op die moontlikheid van die bestaan van mistieke elemente binne die Gereformeerde tradisie via ’n kort studie van die geskiedenis, leefwyse en spiritualiteit van die kontemplatiewe Rooms-Katolieke monnike-orde die Kartuisers – in die besonder met verwysing na hulle tradisie van manibus praedicare en die verskyningsvorme daarvan. In hoofstuk 5 word gefokus op die teologie en spiritualiteit van die Nederlandse teoloog K.H. (Kornelis) Miskotte as voorbeeld van ’n Gereformeerde teoloog in wie se teologie daar elemente van kontemplasie/mistiek sowel as sosiale aksie is. Anders as wat ondersoekers van Miskotte se teologie (en Miskotte self) dikwels van mening is, word tot die volgende konklusie gekom: In die lig van sommige onlangse of herwonne sienings oor die mistiek deur kenners daarvan, asook die sienings wat weerspieël word in die sogenaamde mistiek-profetiese teologieë – veral dié van Tracy, word daar wel ’n vorm van mistiek-profetiese spiritualiteit by Miskotte aangetref. Dít word bevind ondanks diepliggende teologiese verskille tussen die mistiek-politieke teoloë en Tracy enersyds en Miskotte andersyds, verskille wat egter juis Miskotte se mistiek-profetiese spiritualiteit outentiek Gereformeerd maak. SUMMARY This study concerns the relationship between mysticism and social action (widely understood, as including political and economic action), or as it was formulated for centuries in the Christian tradition: the relationship between action and contemplation. Chapter 1 differentiates between different forms of Christian spirituality. Also, the reason for this study is stated: the apparent search amongst certain contemporary Reformed Christians for a more contemplative spirituality, while preserving the socially and politically involved character of Reformed spirituality. Chapter 2 investigates the origins and development of contemplation (or “mysticism”, as it is commonly called today). Taking into account the history of the meaning of the term “mysticism”, a contemporary definition is sought that would address the changes, distortions and misconceptions that have developed over the centuries. A major focus in Chapter 2 is the relationship between action and contemplation/mysticism. This issue is reviewed with reference to its history, from patristic times until approximately the time of the Counter-reformation. The extent to which distortions regarding this issue have occurred, as well as possible subsequent corrections of these, are also examined in this chapter. In Chapter 3, a short overview is given of the recent revaluation and incorporation of mysticism alongside a commitment to social action in the theology of a number of prominent “mystical-political” Roman-Catholic theologians of the 20th century. The focus then shifts to the revaluation of mysticism and the reformulation of mystical-prophetic theology in the theological project of the 20th-century North American theologian David Tracy. Of especial importance is his use of the Ricoeurian methodology of “suspicion and retrieval” to retrieve and incorporate the Christian mystical tradition into his own theology, as this forms the methodological basis for the next chapter. Chapter 4 takes the form of an “exercise of suspicion and retrieval” with a view to find and retrieve possible mystical elements in the Reformed tradition via an investigation into the history, way of life and spirituality of the Roman Catholic contemplative monastic order of the Carthusians – specifically their tradition of manibus praedicare and the manifestations thereof. Chapter 5 focuses on the theology and spirituality of the Dutch theologian K.H. (Kornelis) Miskotte as an example of a Reformed theologian in whose theology elements of both contemplation/mysticism and social action are present. Contrary to the views of many researchers into Miskotte’s theology (as well as Miskotte himself) it is concluded that: In light of the recent, sometimes retrieved, views of mysticism by present-day scholars of mysticism – as well as those of the mystical-political theologians, especially David Tracy – Miskotte’s spirituality can indeed be seen as a form of mystical-political spirituality. This is true despite some profound differences between the mystical-prophetic theologians and Tracy on the one hand and Miskotte on the other – differences that, however, stamp Miskotte’s mystical-political spirituality as authentically Reformed. Opgedra aan William James (Billy) Wickens (10/10/1934 – 9/8/2008), my skoonpa en my beste vriend, vir wie hierdie studie net so belangrik was as vir myself. En aan die Kongregasie van Oblate van St. Franciskus van Sales te Pella, waar hierdie studie in sekere sin begin het. BEDANKINGS Aan die einde van hierdie studie wil ek graag die volgende persone bedank: My studieleier, prof. Dirkie Smit, wat my die vryheid verleen het en die noodsaaklike leiding gegee het om my te verdiep in daardie dele van die teologie wat my die naaste aan die hart lê. U eie bereidheid om met ander Christelike tradisies in gesprek te tree en van hulle te leer terwyl u onwankelbaar getrou bly aan u eie bewonder ek sedert my eerste jare as u student in die teologie. Vir my kollegas by die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie, vir aanmoediging en belangstelling, veral vir prof. Nico Koopman, wat my telkens bewus gemaak het van die belang van hierdie studie, ook vir ons werk in die Sentrum. Vir die biblioteekpersoneel van die Kweekskool van die Universiteit Stellenbosch, vir wie geen versoek ooit iets anders as ’n plesier blyk te wees nie. Om dieselfde rede ook vir die personeel van biblioteke van die Protestantse Theologische Universiteit van Kampen, die Katholieke Universiteit Leuven en dié van die Miskotte-argief aan die Universiteit van Leiden tydens my besoeke daar. Ook vir almal in Nederland wat bereid was om hulle insigte in die teologie van Kornelis Miskotte met my te deel. ’n Besondere woord van dank ook aan dr. James Hogg, jare lange redakteur van die Analecta Cartusiana, en vr. Gabriel van Dijck van La Grande Chartreuse wat waardevolle leiding gegee het in my ondersoek na die Kartuisers. Vir my ma, wie se geloof en vermoë om altyd die silwer randjie om elke donker wolk te sien vir my altyd ’n bron van inspirasie bly. Ook vir my susters en hulle families. Julle aanmoediging het my weer laat besef hoe belangrik “my mense” vir my is. Vir my skoonouers, wie se onvoorwaardelike liefde en jare van onbaatsugtige steun, in vele vorme, aan my en my gesin my teologiese studies moontlik en maklik gemaak het. Hiervoor en vir soveel meer sal ek julle altyd dankbaar bly. Vir Liam, my hart se punt, wat dikwels aan die kortste end van sy pa se studieprogram moes trek. So ook Elzette, my eggenoot en geesgenoot. Ek sal jou nooit genoeg kan bedank vir jou ure van versorging van hierdie manuskrip nie, maar veral nie vir jare se liefde, ondersteuning en jou geloof in my en wat ek doen nie. Ek bly jou grootste bewonderaar. Ten slotte vir ons Hemelse Vader, uit erkenning van die misterie wat alle verstand te bowe gaan en uit dankbaarheid vir die openbaring waarin ons onbegrip tegemoetgekom is. Erkenning van finansiële steun Finansiële bystand gelewer deur die Nasionale Navorsingstigting word hiermee erken. Menings in hierdie studie is dié van die outeur en moet nie noodwendig aan die Nasionale Navorsingstigting toegeskryf word nie. INHOUD Hoofstuk 1: Hedendaagse soeke na kontemplatiewe spiritualiteit 1. Inleiding....................................................................................................................... 1 1.1 Die term “spiritualiteit”.............................................................................................. 1 1.2 Spiritualiteitspluralisme............................................................................................. 3 2. Motivering en doelwitte............................................................................................... 5 3. Hoofstukindeling en metodologie.............................................................................. 11 Hoofstuk 2: Mistiek en die verhouding tussen aksie en kontemplasie 1. Mistiek: ’n geskiedenis van agterdog........................................................................ 15 2. Mistiek: ’n geskiedenis van skeeftrekkings............................................................... 20 2.1 Die mistieke as ervaring........................................................................................... 20 2.1.1 Die klassieke en patristieke erfenis....................................................................... 22 2.1.2 Die Middeleeue..................................................................................................... 26 2.1.2.1 Die invloed en resepsie van Pseudo-Dionisius.................................................. 26 2.1.2.2 Die hoogbloei van Middeleeuse affektiewe mistiek.......................................... 29 2.1.2.3 Excursus: Die verband tussen Christelike meditasie, lectio divina en mistiek ................................................................................................................................31 2.1.3 Ná die Middeleeue................................................................................................ 35 2.2 Méér as ervaring: mistiek as lewenswyse of die verhouding aksie/kontemplasie... 38 2.2.1 Die versoening van aksie en kontemplasie in die geskrifte van die mistici......... 43 2.2.1.1 Die klassieke erfenis.......................................................................................... 43 2.2.1.2 Die patristieke erfenis........................................................................................ 44 2.2.1.2.a Augustinus van Hippo (354-430).................................................................... 46 2.2.1.3 Die Middeleeue: die monastieke Middeleeue.................................................... 50 2.2.1.3.a Die begin van die monastieke Middeleeue: Gregorius die Grote (ca. 540-604) ...............................................................................................................................50 2.2.1.3.b Die einde van die monastieke Middeleeue: Bernardus van Clairvaux (1090- 1153)..................................................................................................................... 53 2.2.1.4 Die Middeleeue: die skolastieke Middeleeue.................................................... 57 2.2.1.4.a Tomas Aquinas (1223/1225-1274)................................................................. 58 2.2.1.5 Ná die Middeleeue............................................................................................. 64 2.2.1.5.a Ignatius van Loyola (1491-1556).................................................................... 64 2.2.1.5.b Teresa van Avila (1515-1582)........................................................................ 66 2.2.1.5.c Franciskus van Sales (1567-1622).................................................................. 67 2.2.2 Die versoening van aksie en kontemplasie met verwysing na die lewens van mistici.................................................................................................................... 69 2.2.3 Aksie en kontemplasie: die skeiding van die weë................................................ 75 2.3 Op pad na ’n definisie: mistiek – ’n geskiedenis van korreksie.............................. 77 2.3.1 Die vraag na die aard van kontemplasie............................................................... 78 2.3.1.1 Die probleem van kontemplasie/mistiek as ervaring......................................... 78 2.3.1.2 Die vraag na die universaliteit van mistiek........................................................ 81 2.3.1.3 Die vraag na die bybelse begronding van die mistiek....................................... 85 2.3.1.4 Die vraag na “versmelting” en die alternatief van “teenwoordigheid”.............. 87 2.3.1.5 Die vraag na onmiddellikheid............................................................................ 95 2.3.2 Die vraag na die verband tussen aksie en kontemplasie....................................... 98 2.4 ’n Definisie van mistiek......................................................................................... 105 2.4.1 Mistiek as bewussyn van teenwoordigheid – en méér........................................ 105 2.4.2 Mistiek as bewussyn van God se afwesigheid.................................................... 108 2.5 Konklusie: die meriete van en problematiek onderliggend aan McGinn se definisie ............................................................................................................................. 110 2.5.1 Die meriete van McGinn se definisie van mistiek.............................................. 110 2.5.2 Die problematiek onderliggend aan McGinn se definisie................................... 116 Hoofstuk 3: Aksie en kontemplasie en die mistiek-politieke teologieë 1. Inleiding................................................................................................................... 129 2. Die teologiese aanloop tot die 20ste-eeuse mistiek-politieke teologieë.................. 130 3. Voorbeelde van die 20ste-eeuse mistiek-politieke teoloë........................................ 136 3.1 Gustavo Gutiérrez.................................................................................................. 136 3.2 Segundo Galilea..................................................................................................... 143 3.3 Johann Baptist Metz............................................................................................... 147 3.4 Edward Schillebeeckx............................................................................................ 152 4. Voorlopige samevatting en konklusie...................................................................... 158 5. Die mistiek-politieke teologie van David Tracy...................................................... 164
Description: