ebook img

pastorale begeleiding aan adolessente wat ly onder prestasiedruk PDF

135 Pages·2010·5.11 MB·Afrikaans
by  
Save to my drive
Quick download
Download
Most books are stored in the elastic cloud where traffic is expensive. For this reason, we have a limit on daily download.

Preview pastorale begeleiding aan adolessente wat ly onder prestasiedruk

PASTORALE BEGELEIDING AAN ADOLESSENTE WAT LY ONDER PRESTASIEDRUK Susanna Maria Mac Intyre B.Th, B.Diac (Hons.) Verhandeling voorgele ter gedeeltelike nakoming van die vereistes vir die M.A.-graad (Pastoraal) aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) Studieleier: Prof. dr. G.A. Lotter Potchefstroom November 2008 DANKBETUIGINGS Aan God kom al die eer toe vir sy groot genade! Sonder die Here se voorsienigheid sou hierdie studie bloot 'n droom gebly het. Die volgende persone se ondersteuning verdien vermelding: My man, Brendan, vir jou opofferings om vir my die geleentheid te bied om hierdie studie te voltooi. Ek sou dit nie sonder jou ondersteuning, hulp, geduld en liefde kon doen nie! My ouers, Jan en Susan van Heerden, baie dankie vir julle belangstelling en voortdurende motivering. Prof. G.A. Lotter, wie se leiding, geloof in my en oneindige geduld met my die sleutelrol in die voltooiing van die studie gespeel het. Die biblioteekpersoneel van die Noordwes-Universiteit en Stellenbosch Universiteit. Baie dankie vir al die hulp en vriendelikheid. Die Noordwes-Universiteit vir die beurs wat hierdie studie finansieel moontlik gemaak het. Die jong deelnemers aan die navorsing vir die tyd wat julle met 'n glimlag opgeoffer het. OPSOMMING Die primere doel van hierdie studie is om die druk wat op adolessente geplaas word om te presteer te ondersoek en praktiese riglyne voor te stel in die pastorale versorging van adolessente wat gedryf word om te presteer. Uit die ondersoek blyk dat adolessente prestasiedruk weens eksterne (ouers, onderwysers, afrigters en vriende) en interne faktore (perfeksionisme en 'n vrees vir mislukking) ervaar. Hierdie ervaring van prestasiedruk het bepaalde gevolge op die adolessente, byvoorbeeld angs, stres, depressie, eetversteurings, die misbruik van middels en selfs selfmoord. Die Bybel werp lig op moontlike eksterne faktore van prestasiedruk by adolessente. Hiervolgens het ouers sekere verantwoordelikhede volgens die Bybel in die opvoeding van hulle kinders en moet vriende met diskresie gekies word. Die interne faktore van prestasiedruk soos perfeksionisme en die vrees om te misluk, kan binne die konteks van die boodskap van die Bybel hanteer word om die adolessent wat prestasiedruk ervaar, pastoraal te begelei. Die Bybel gee bree perspektiewe oor angs, stres, depressie, selfmoord, eetversteurings en die misbruik van alkohol en dwelmmiddels wat aangewend kan word in die pastorale versorging van die adolessent. Die navorsing van die literatuur vanuit vakgebiede soos sielkunde en sportkunde rakende prestasiedruk by die adolessent, toon die motivering waarom ouers, vriende, onderwysers en afrigters druk op die adolessent uitoefen om te presteer. 'n Kwalitatiewe empiriese studie met vyf adolessente voorsien die leser van 'n goeie begrip van adolessente se ervaring van prestasiedruk. Die perspektiewe vanuit die Bybel, literatuur en empiriese navorsing, word in 'n hermeneutiese wisselwerking geplaas om te kom by 'n praktykteorie. Ten slotte word praktiese riglyne voorgestel vir die pastorale versorging van adolessente wat prestasiedruk ervaar. SLEUTELTERME Prestasiedruk Adolessent Pastoraal ABSTRACT The primary goal of this study is to research the pressure imposed upon adolescents to perform as well as to suggest practical guidelines to counsel them. It is found that adolescents experience both external (parents, teachers, coaches and friends) and internal (perfectionism and the fear of failure) factors. Stress, anxiousness, depression, eating disorders, substance and alcohol abuse and even suicide have been found in terms of the effects of performance pressure as found with adolescents. The Bible enlightens us to the possible external factors of performance pressure found with adolescents. According to the Bible, parents have certain responsibilities in terms of raising their children, and discretion should be applied when selecting friends. The internal factors related to performance pressure, such as perfectionism and the fear of failure can be addressed within the context of the Bible's message, guiding the adolescent pastorally. The Bible provides general perspectives regarding anxiousness, stress, depression, suicide, eating disorders and substance and alcohol abuse that can be applied during the pastoral counseling of adolescents. Research of the literature found within the subject areas of psychology and sport sciences, regarding performance pressure, within the context of adolescents show that the motivation for parents, friends, teachers and coaches to pressure adolescents to perform. This research (from psychology and sport sciences) regarding depression, suicide, anxiousness, eating disorders and substance and alcohol abuse display the effect of performance pressure found within adolescents. A qualitative empirical study with five adolescents, provide the reader with a good comprehension of performance pressure experienced by adolescents. The perspectives found within the Bible, literature and empirical research are placed within a hermeneutical interaction to produce a practical theorem. Finally, practical guidelines can be formulated in the pastoral counseling of adolescents experiencing performance pressure. IV KEY TERMS Performance pressure Adolescent Pastoral INHOUDSOPGAWE Bladsy DANKBETUIGINGS i OPSOMMING ii SLEUTELTERME iii ABSTRACT iv KEY TERMS v HOOFSTUK1 1 INLEIDING 1 1.1 VOORGESTELDE TITEL 1 1.2 0RIENTERINGENPROBLEEMSTELLING 1 1.3NAVORSINGSVRAAG 4 1.4 DOELSTELLING EN DOELWITTE 4 1.5 SENTRAALTEORETIESE ARGUMENT 5 1.6METODE 5 1.7HOOFSTUKINDELING 6 1.8SKEMATIESEVOORSTELLING 7 HOOFSTUK2 8 BASISTEORETIESE PERSPEKTIEWE MET BETREKKING TOT PRESTASIEDRUK 8 2.1 INLEIDING 8 2.2DOELWIT 8 2.3 BASISTEORIE 8 2.4 PASTORALE BERADING MET DIE WOORD AS BASIS 9 2.5 BASISTEORETIESE PERSPEKTIEF OP SELF 11 2.6 BASISTEORETIESE PERSPEKTIEWE OP SUKSES EN MISLUKKING 14 2.7 BASISTEORETIESE PERSPEKTIEWE OP VERHOUDINGS EN DEELNAME AAN AKTIWITEITE WAT PRESTASIEDRUK BY DIE ADOLESSENT KAN VEROORSAAK 15 VI INHOUDSOPGAWE (VERVOLG) 2.8 BASISTEORETIESE PERSPEKTIEWE OP INTERNE FAKTORE VAN PRESTASIEDRUK BYDIEADOLESSENT 22 2.9 BASISTEORETIESE PERSPEKTIEWE OP DIE GEVOLGE VAN PRESTASIEDRUK OP DIEADOLESSENT 23 2.10 SAME VATTING 33 HOOFSTUK3 35 METATEORETIESE PERSPEKTIEWE OP DIE DRUK WAT ADOLESSENTE ERVAAR OM TE PRESTEER 35 3.1 INLEIDING 35 3.2DOELWIT 35 3.3 METATEORIE 35 3.4 DIE TERM ADOLESSENT 36 3.5 EKSTERNE FAKTORE VAN PRESTASIEDRUK 39 3.6 INTERNE FAKTORE VAN PRESTASIEDRUK 45 3.7 DIE INVLOED VAN PRESTASIEDRUK OP DIE ADOLESSENT 51 3.8 SAMEVATTING 63 HOOFSTUK4 65 EMPIRIESE NAVORSING 65 4.1 INLEIDING 65 4.2 DOELWIT VAN DIE HOOFSTUK 65 4.3 TEORIE VAN EMPIRIESE NAVORSING 65 4.4 VERSAMELING VAN DATA 67 4.5DIEONDERHOUD 68 4.6 NAVORSINGSONTWERP 69 4.7DIEONDERSOEKGROEP 70 4.8DIEONDERSOEKRESULTATE 71 4.9 GEVOLGTREKKING 83 VII INHOUDSOPGAWE (VERVOLG) 4.10SAMEVATTING 86 HOOFSTUK5 87 PRAKTYKTEORETIESE PERSPEKTIEWE OP DIE BEGELEIDING VAN DIE ADOLESSENT WATLYONDER PRESTASIEDRUK 87 5.1 INLEIDING 87 5.2DOELWIT 87 5.3 PRAKTYKTEORIE 87 5.4 BERADER AS AGENT VAN BEWUSWORDING EN HELING 87 5.5 VOORGESTELDE STRUKTUUR VIR BEWUSWORDING EN EMOSIONELE GENESING ..91 5.6TOERUSTING 109 5.7SAMEVATTING 112 HOOFSTUK6 113 6.1 GEVOLGTREKKING 113 6.2 FINALE GEVOLGTREKKING 117 6.3 VOORSTELLE VIR VERDERE NAVORSING 117 BYLAAG A 118 EMPIRIESE VRAELYS 118 1. SPORT EN KULTUUR 118 2. AKADEMIE 119 BRONNELYS 120 VIII LYS VAN TABELLE Tabel 1: Skematiese voorstelling 7 Tabel 2: Identiteit in Jesus Christus 13 Tabel 3: Die effek van die dwelmmiddels in sport 63 IX

Description:
failure can be addressed within the context of the Bible's message, guiding the adolescent Patterson (2003:211} se verdere navorsing verwys hy na Luk. included: 'not enough fun, not as good as I wanted it to be, didn't like the pressure, didn't like Sy vrees ook dat sy nie 'n blink toekoms.
See more

The list of books you might like

Most books are stored in the elastic cloud where traffic is expensive. For this reason, we have a limit on daily download.