Description:Wanneer Kari Baxter Jacobs ontdek dat haar man ’n buite-egtelike verhouding het en ’n egskeiding wil hê, besluit sy om hom steeds lief te hê en getrou te bly aan haar huwelik, ongeag wat dit van haar vra. Wanneer ’n ou liefde opdaag, word sy egter net meer verward. OM VRY TE WEES is ’n boeiende verhaal met ’n kernboodskap: Liefde is ’n keuse.