’n Klein kamer en werk as kelnerin is Hannah se vooruitsig nadat haar man sy hand diep in Hamilton Ingelyf se trustfonds gesteek het. Maar haar redding kom uit ’n onverwagse oord: Nicolas Hamilton!
Hy forseer Hannah om sy babadogtertjie se oppasser te word. Sy het geen ander keuse nie, maar pas moeilik aan omdat sy teen haar beterwete op Nicolas verlief raak. Sy gedrag teenoor haar kan sy egter glad nie peil nie …
Is dit regtig moontlik dat hy haar kan vergewe vir wat sy en haar eksman aan hom gedoen het?
**