ebook img

Nederduitsch Hervormde Kerk Lichtenburg 1891-1991 PDF

156 Pages·1991·6 MB·Afrikaans
by  BOTHAS.J.
Save to my drive
Quick download
Download
Most books are stored in the elastic cloud where traffic is expensive. For this reason, we have a limit on daily download.

Preview Nederduitsch Hervormde Kerk Lichtenburg 1891-1991

0 'fí.T. auzu^y 'rtP (ZXOclO) .'131 7 /P. 7ft.i3.M24 Digitized by the Internet Archive in 2017 with funding from University of Pretoria, Library Services https://archive.org/details/nederduitschherv00both_0 Geskiedenis van die Ned Herv Kerk van Afrika GEMEENTE LICHTENBURG 1891 - 1991 Prof dr SJ Botha Uitgegee deur die Kerkraad GedrukdeurPromediaDrukkers Marksstraat342, Waltloo, Silverton0127 INHOUDSOPGAWE Voorwoord - Dr DJC van Wyk - Voorsitter van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering. 4 Ter verantwoording - die skrywer. 6 Hoofstuk 1 Die dorp Lichtenburg 9 Hoofstuk 2 Kerklike agtergronde 21 Hoofstuk 3 Die afstigting en eerstejare 1891 tot 1905 39 Hoofstuk 4 Vanaf die dienstyd van ds FS du Toit tot die einde van die dienstyd van ds PJ Ebersohn (1905 - 1920) 63 Hoofstuk 5 Vanaf ds PJJ Venter (1921) tot die vertrek van ds HJ Geyser (1950) 83 Hoofstuk 6 Vanaf ds CL (Mossie) van den Berg tot ds SJ van der Westhuizen 05 1 Hoofstuk 7 Herinneringe en gelukwense van oudpredikante en oudpredikantsvroue 133 Hoofstuk 8 Gemeenteseuns wat predikante in die Ned Herv Kerk geword het 140 Hoofstuk 9 Groeteboodskappe van gemeenskapsleiers 142 Literatuurlys 144 Eeufeesprogram 146 3 VOORWOORD AANGRYPENDE STUK GESKIEDENIS n — Dr D J C van Wyk Voorsitter van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering. Die geskiedenis is en bly ’n fassinerende bedryf. Ook die deurlees van hierdie geskiedenis van die gemeente Lichtenburg was vir my ’n groot belewing en verrykende ervaring, miskien veral ook omdat dit die gemeente is waar ek met my ouers, albei lank reeds oorlede, en ander gesinslede my kinderjare deurgebring en eerste kerklike geloofsopvoeding ontvang het. Dit is meesleurend om saam met die skrywer vir ’n paar oomblikke te probeer ontrafel, navors en te herleef wat hom nie alles ’n eeu gelede hier afgespeel het in ’n forse geloofspoging van swak mense om kerk te wil wees nie. Die stigting van die gemeente Lichtenburg het saamgeval met die stigting van ’n hele groep gemeentes van die Ned Hervormde Kerk ’n eeu gelede: Dullstroom, Krugersdorp, Ventersdorp, Venterskroon, Johannesburg, Bosmansrust, Wolmaransstad, Chrissiesmeer. ’n Mens kan sê dit verteenwoordig die tweede groot groeifase van ons Kerk in Transvaal: die jare tussen die tragiese kerkvereniging van 1885 en die Tweede Vryheidsoorlog. Die eerste sterk groeitydperk in Transvaal was gedurende die jare sedert die einde van die Groot Trek, dus vanaf 4 ongeveer 1842 met die stigting van die eerste gemeente op Potchefstroom tot met die kerkvereniging. Gedurende dié tydperk is die heel oudste gemeentes in Transvaal gestig: Na Potchefstroom ook Rustenburg, Pietersburg, Pretoria, Middelburg, Volksrust, Heidelberg, Zeerust, Bronkhorstspruit, Trichardtsfontein, Waterberg, Klerksdorp. Die derde sterk groeitydperk sou eers ongeveer tien tot vyftien jaar na die verwoestende Tweede Vryheidsoorlog op dreef kom met die stigting van ’n volgende groep gemeentes. Die gemeente Lichtenburg het veral gedurende sy eerste fase veeleisende en selfs bitter dinge deurgemaak: die oorlog, die rebellie, die depressie, verskeie onverkwiklike ervaringe met van sy predikante, soms vakatures van tot drie jaar lank. Maar dit bly ’n inspirerende ervaring vir die geloof: Dat mense ondanks al die teënhede van die uiterlike omstandighede van wêreld en lewe, rustig en daadkragtig met hul werk tot opbou van die liggaam van Christus voortgaan. Ons dink met nostalgie terug aan soveel manne en vroue wat vir ons die onvervreembare erfenisse van die geloof in Jesus Christus bygebring het; dienaars van die Woord, vaders, moeders, ouderlinge soos wyle oom Dirk van Schalkwyk en ouderling Theuns Steyn wat, naas my oorlede vader, ons met onvergeetlike getrouheid gekatkiseer het en geleer het om die psalms van die kerk met blydskap, sonder ’n gemor en geklae en ’n gesug na allerlei vreemde nuwerwetshede te sing. Aan professor Schalk Botha: Van harte geluk met die samestelling van hierdie pragtige feesbundel. Dit het uitgegroei tot baie meer as net ’n geskiedenis van Lichtenburg. Dit gee inderdaad ’n hele stuk van ons kerkgeskiedenis weer. Ons beleef tans weer bitter tye; die bedreiging van ons Kerk en volk se voortbestaan soos nooit tevore nie; agteruitgang en stagnasie; vir die heel eerste keer in ons geskiedenis het ons onder andere as gevolg van ekonomiese ineenstorting, vermindering in getal lidmate en gemeentes asook die opheffing van predikantstandplase, ’n oorskot aan predikante. Mag dit later ook deur ons nageslag gesê word: Dat hulle inspirasie put uit ons standvastigheid en voortgang in die geloof ondanks alles wat so neerdrukkend is. Aan ds en mev Sarel van der Westhuizen, die kerkraad en hele gemeente van Lichtenburg: Van harte geluk! Mag die Here u feesviering ryklik seën en vir u die pad verder gelyk en begaanbaar maak. DJC VAN WYK 5 TER VERANTWOORDING Om ’n gemeente se geskiedenis na te vors en op skrif te stel, is gewoonlik interessant. In die geval van die Ned Herv Gemeente Lichtenburg was dit nie anders nie. Daarom wil ek graag dank uitspreek teenoor die kerkraad datdie vererende voorreg om die opdrag uitte voeraan mytoegeken is. Dikwels is dit egter ook ’n moeilike saak om ’n gemeente se geskiedenis na te vors veral vanweë ontbrekende bronne. Ongelukkig was belangrike primêre bronne soos notules van gemeente- en kerkraadsvergaderings van die Gemeente Lichtenburg nie volledig beskikbaar nie. Die notules vanaf 1891 tot 1902, 1918 tot 1938 en 1948 tot 1956, dit wil sê ’n totale tydperk van ongeveer agt-en-dertig jaar, het ontbreek. Om die primêre bronne oor meer as ’n derde van die tydperk van honderd jaar wat die belangrike eerste tien jaar van die gemeente se bestaan insluit, te ontbeer, het heelwat probleme opgelewer. Gelukkig kon meeste van die probleme oorkom word deur dankbaar gebruik te maak van uitgebreide aantekeninge wat deur oud Ouderling TFJ Steyn oor die geskiedenis van die gemeente opgestel is. Broeder Steyn, wat tans in hoë ouderdom in Klerksdorp woon, verdien waardering vir die 6

See more

The list of books you might like

Most books are stored in the elastic cloud where traffic is expensive. For this reason, we have a limit on daily download.