Description:Leer ken Aäron soos nog nooit tevore nie! In haar nuwe reeks, MANNE VAN GELOOF, laat val Francine Rivers die kollig op die lewe van vyf Bybelse mans wat die dryfkrag was agter die groot helde van die Bybel. Die eerste boek in hierdie reeks, DIE PRIESTER sal lesers inspireer deur Aäron se toegewyde ondersteuning aan sy leier en sy ewige impak op die Christelike geloof.