In Liefde maak heel moet die mooie donkerkop, Isabelle Karstens, die pad van vergifnis begin stap ná haar stryd teen vetsug. Hoewel die begrip “vergifnis” in die Bybelstudieklas uitgepluis word, vind Isa dit moeilik om dit in die werklike lewe toe te pas. Stap saam met Isa die pad om te ontdek wat beteken die ware bevryding, wat deur God se geskenk aan die mensdom moontlik gemaak is.
Helena Hugo se laaste aflewering in die Isa-trilogie sal jou tot reg aan die einde geboei hou.