ebook img

HOOFSTUK 6 FAMILIE RESEPTE EN ALGEMENE - Angelfire PDF

13 Pages·2005·0.12 MB·Dutch
by  
Save to my drive
Quick download
Download
Most books are stored in the elastic cloud where traffic is expensive. For this reason, we have a limit on daily download.

Preview HOOFSTUK 6 FAMILIE RESEPTE EN ALGEMENE - Angelfire

HOOFSTUK 6 FAMILIE RESEPTE EN ALGEMENE BOERERATE 6.1 Familie resepte BEESSTERT 1 beesstert 1 ui in skywe gesny 1 wortel opgesny 6 kruienaaltjies Paar peperkorrels 1½ eetlepel meelblom 1 eetlepel margarine 1 lourierblaar 1 blikkie botterbone Voeg vleis in goeie kastrol en laat lank prut met al die speserye totdat been sag word. Skep oortollige vet af. Plaas wortels en bone by en laat deurkook. SAMPIOEN-SOUS 250 g sampioene in klein stukke Rasper klein ui by Verhit op stoof met bietjie botter tot sag Voeg 250 ml vars room by Kook liggies vir ongeveer 20 mininute Geur met swartpeper, sout en knoffel na smaak Verdik indien nodig. BLATJANGHOENDER 1 koppie blatjang 1 desertlepel bruinsuiker 1 teelepel kerriepoeier 1 eetlepel olie 1eetlepel suurlemoensap 1teelepel gemmer Meng bestanddele en gooi oor hoenderporsies. Bak totdat hoender gaar is. SKAAPAFVAL 1 skaapafval, skoon gemaak 1 liter water (4k) 12,5 ml botter of margarien (le) 2 uie, gekap 10 ml kerriepoeier (2t) 5 ml borrie (1t) 5 ml sout (1t) 10 ml suiker (2t) 12,5 ml asyn-opsioneel (le) mielieblom, aangemaak met 'n bietjie water Plaas die afval in 'n kastrol, voeg die water by en plaas die deksel op. Laat die vleis opkook en skep dan die skuim wat bo-op vorm, af. Kook die afval ongeveer 4 tot 6 uur oor lae hitte. Vul die water aan, indien nodig. Voeg die sout en asyn, asook die uie en aartappels by, en laat dit met die deksel op 314 prut totdat die aartappels gaar is. Skep die oortollige vet af. Verdik die sous met aangemaakte mielieblom. Kook ongeveer 45 minute lank in 'n drukkastrol. Die gaarmaaktyd van afval hang af van die ouderdom van die skaap. Kyk liewer gereeld hoe sag die afval al is, ook wanneer dit in die drukkastrol gaargemaak word, anders kook dit dalk te pap. Smelt die botter of margarien en soteer die uie daarin totdat dit deurskynend is. Voeg die kerriepoeier en borrie by en braai dit effens. Voeg die uie en aartappels by die afval, strooi die sout oor en voeg die suiker by. Roer dit goed deur. Kook dit totdat die aartappels gaar is. Proe, en voeg nog geurmiddels na smaak, asook die asyn, by. Verdik die sous met mielieblom (indien nodig). POTBROOD 375 ml louwarm water 15 ml suiker 30 ml botter 10,5 ml korrelgis 6 x 250 ml meel 10,5 ml sout Meng water, suiker en gis in bakkie met deksel en maak warm toe. Laat staan tot die mengsel good skuim. Sif meel, sout saam in 'n groot mengbak. Voeg gismengsel by meel en genoeg louwarm water by en knie goed. Bedek met 'n bottergesmeerde plastiek. Maak deeg warm toe met kombers. Laat vir 1 uur op warm plek staan om te rys. Wanneer dubbel gerys het, voeg botter by en knie deeglik af. Vorm 'n rondebrood en plaas in gesmeerde swart platboompot. Plaas gesmeerde plastiek bo-op deeg, dan die deksel. Maak weer warm toe en laat weer vir 1 uur lank rys tot dubbel. Stel intussen die oond op 200. Haal die plastiek af, sit dan gesmeerde deksel op. Bak brood in vooraf verhitte oond vir 1 uur. Haal uit, plaas op tafeldoek en smeer die hele brood met botter. Maak die brood dan toe en laat vir 'n ruk toe staam. Wanneer koud sit in plastieksak. BRUINPOEDING Mengsel: 1 eier 2 eetlepels olie ½ koppie magarien 1 koppie suiker 5 teelepel sout 1 eetlepel stroop Meng bestandele goed 1½ koppie meel 1 teelepel gemmer ½ koppie melk voeg 1 teelepel koeksoda en laat staan vir ‘n rukkie Meng bestandele al die bogenoemde Vir stroop: 3 koppies kookwater 1 koppie suiker ½ teelepel vanilla / lemoengeursel Kook vir 5 minute Voeg mengsel in stroop en bak vir 30 minute teen 180 grade. 315 HOENDERLEWER PERI-PERI 2 x 250g Hoenderlewers, gewas en skoongemaak 125 ml suurlemoensap of asyn 125 ml olie 10 ml wostersous 2 eetlepels tamatiesous 2 teelepels paprika ½ teelepels droë mosterd 1½ eetlepel peri-peri 2 tot 3 knoffelhuisies Sout peper en suiker na smaak Giet oor die hoenderlewermengsel, roer goed deur en laat vir eendag, prut oor lae hitte vir ongeveer 7 minute of totdat die sous lekker dik is. Bedien onmiddellik saam met vars broodrolletjies - as 'n voorgereg, of saam met rys en 'n mengelslaai as hoofgereg. HOENDERPASTEI Genoeg hoender vir gesin Gemengde groente en sampioene Ui Sout en peper Bestanddele - Kors 1 eier 1 koppie meel 1 t bakpoeier Sout en peper na smaak Kruie en speserte Kook die hoender en ui saam tot hoender sag is. Skep hoender uit die water en laat afkoel. Vlok die hoender en hou eenkant. Kook nou die groente sommer in die hoender aftreksel. Gooi die meel en bakpoeier in 'n mengbak. Gooi nou sout, peper en kruie en speserye na smaak in. Maak gaaitjie in middel en breek die eier daarin. Meng goed en begin om melk stadig by te voeg. Die mengsel moet slap wees maar nie te loperig nie. Meng die hoender en groente in 'n ander mengbak. Plaas nou die hoender mengsel in 'n oondbak. Gooi die deeg nou oor die hoender en bak in 'n matige oond tot mooi bruin. BESTE VLEIS MARINADE 250 ml Tamatiesous 250 ml Blatjang 50 ml Olie 30 ml Stroop 5 ml Tobasco 5 ml Worcestorsous 5 ml Suurlemoensap 5 ml Sout 5 ml Aromat 5 ml Paprika 5 ml Peper Meng al die bestanddele saam. Marineer vleis (hoender, sosaties of steak) oornag. Braai vleis en geur na smaak. 316 KLUITJIES 250 ml koekmeelblom 10 ml bakpoeier 2 ml sout 50 ml margarien/botter 1 eier 100 ml melk Sous 500 ml kookwater 25 ml margarien/botter kaneelsuiker Sif droë bestanddele saam. Vryf 50 ml margarien in tot mengsel soos broodkrummels lyk. Klits eier en melk saam, roer by meelmengsel in en meng tot 'n sagte deeg. Voeg nog melk by indien nodig. Verhit water en 25 ml margarien tot kookpunt. Skep lepelsvol deeg in kokende water. Sit deksel op en laat kook 15 minute. Moenie deksel oplig terwyl kluitjies kook nie. Skep kluitjies met 'n gleuflepel uit in 'n diep opskepskottel. Strooi kaneelsuiker oor. Kook water waarin kluitjies gaar gemaak is weer. Voeg kaneelsuiker by en giet oor kluitjies. Jy kan nog water byvoeg indien nodig. PYNAPPELBIER Een pynappel en gooi so 3 liter warm water daaroor. Versoet na smaak. So word bepaal wat die hoeveelheid suiker gaan wees wat bygevoeg gaan word. Dan laat 'n mens dit gewoonlik vir sowat 3 dae staan sodat dit nou kan gis. Versnel die proses gewoonlik deur so 'n halfteelepel kitsgis oor te strooi. Dan is dit sommer binne 'n dag gereed om te drink. Plaas in yskas om koud te word. BOBOTIE 500 gram maalvleis 2 snye brood geweek in ½ koppie melk ¼ pakkie fyn spek 1 ui gekap Handvol rosyne 1 teelepel kerrie 1 eetlepel appelkooskonfyt 1 piesang 1 appel in blokkies gesny ½ pakkie sampioensop - droog 1 koekie vleisaftreksel 2 eiers 1 koppie melk Braai uie, vleis en spek in pan met ‘n bietjie olie tot bruin. Druk brood in vleismengsel, gooi die res van die bestandele by. Roer tot rooi van vleis weg is. Skep in gesmeerde bak. Meng eiers met melk en gooi bo-oor. Bak ± 30 minute tot bruin. BOEREWORS 5kg beesvleis 1kg varkvleis 1,5kg varkspek 60ml sout 15ml peper 45 ml fyn koljander 15ml fyn naeltjies 317 25 ml fyn piment 7,5ml fyn neutmuskaat 190ml asyn worsderm Sny die vleis in blokkies van sowat 2cm x 2cm. Verwyder al die senings en meng die vleis. Sny die spek in dobbelsteentjies Bedek die tafel of werkoppervlak met plastiek en sprei die vleistukkies daarop uit. Meng die sout, peper en speserye en strooi dit oor die vleis. Sprinkle die asyn oor. Sit die mengsel in ‘n vleisskottel en laat dit 10 tot 15min staan. Maal al die vleis en voeg die varkspekblokkies by. Laat dit nog 30 min staan en stop dan groot, goed skoongemaakte worsderm daarmee. Rooster of braai die wors oor kole of in ‘n braaipan oor matige hitte. PEPPERMINTTERT 1 - 2 pakkies Tennisbeskuitjies 1 pak Orley Whip 1½ koppie melk 3 teelepels versiersuiker 1 pakkie kits Karamelpoeding Soet wyn of sjerrie Peppermint Crisp Klits versiersuiker en orley whip goed saam. Klits die poeding en melk ook. Voeg die twee mengsels bymekaar. Doop beskuitjies in wyn en pak 'n laag in bak. Skep 'n laag van die vulsel bo-oor en rasper sjokolade oor. Herhaal die lae. Laat in yskas om goed styf te word. POTBROOD 375 ml louwarm water 15 ml suiker 30 ml botter 10,5 ml korrelgis 6 x 250 ml meel 10,5 ml sout Meng water, suiker en gis in bakkie met deksel en maak warm toe. Laat staan tot die mengsel goed skuim. Sif meel, sout saam in 'n groot mengbak. Voeg gismengsel by meel en genoeg louwarm water by en knie goed. Bedek met 'n bottergesmeerde plastiek. Maak deeg warm toe met kombers. Laat vir 1 uur op warm plek staan om te rys. Wanneer dubbel gerys het, voeg botter by en knie deeglik af. Vorm 'n rondebrood en plaas in gesmeerde swart platboompot. Plaas gesmeerde plastiek bo-op deeg, dan die deksel. Maak weer warm toe en laat weer vir 1 uur lank rys tot dubbel. Stel intussen die oond op 200°. Haal die plastiek af, sit dan gesmeerde deksel op. Bak brood in vooraf verhitte oond vir 1 uur. Haal uit, plaas op tafeldoek en smeer die hele brood met botter. Maak die brood dan toe en laat vir 'n ruk toe staam. Wanneer koud sit in plastieksak. MELKTERT Kors: 250 g Margarien 1 Dessertlepel suiker 2 Koppies meel Sout Smelt margarien. Voeg suiker en sout by. Roer meel in (die deeg moet sag wees om in die tertbakke te smeer - as te sag, voeg nog meel by). Smeer baie dun in tertbakke. Bak tot ligbruin teen 180°C. 318 Vulsel: 8 Koppies melk 1¾ Koppies suiker 4 Groot eiers, wit en geel geskei 2 Groot lepels margarine 1½ Koppies Maizena 1 Dessertlepel meelblom ¼ Teelepel bakpoeier 2 Teelepels vanielje geursel Kaneel Meng suiker, maizena, meel en eiergele eers met 'n bietjie van die melk. Klits dan die res van die melk by. Plaas in kastrol en roer met houtlepel. Voeg margarien, vanielje en bakpoeier by. Roer en kook tot dit dik is. Voeg dan styfgeklitste eierwitte by. Sprinkel met kaneel. (Vulsel genoeg vir 3 terte). KERRIEHOENDER 1 hoender, gekook en ontbeen 20 ml paprika 1 appel, gerasper 1 ui, gerasper 1 blik (283 g) room van sampioensop 1 blik (283 g) knopies sampioene 250 ml room 25 ml warm kerriepoeier Sout en peper Braai ui en appel gaar en voeg kerriepoeier by. Voeg ander bestanddele by en laat stadig kook vir ± 10 minute. Pak hoender in bakskottel en gooi kerriemengsel oor. Bak in oond van 180 °C tot gaar. MIELIETERT 60 ml koekmeelblom 15 ml bakpoeier 40 ml suiker 2 blikke (410 g) geroomde suikermielies 60 ml gesmelte margarien 4 eiers geklits Voorverhit oond tot 180° C. Smeer 'n oondvaste bak met margarien. Meng al die bestanddele goed en gooi in bak. Bak vir 1 uur of tot gaar. Sny in blokke en bedien warm of koud met braaivleis. VETKOEK 500 ml lou water 10 ml suiker 10 ml droëgis 250 ml (5 x) meelblom 10 ml sout 25 ml olie Roer suiker in lou water en gooi gis by. Laat rys tot gis bo dryf. Sif meelblom en sout saam. Voeg olie by gis, meng met meelblom en knie goed. Laat rys vir 50 minute. Maak op in vetkoeke. Plaas op oliegesmeerde blad. Sit plastiek oor en laat weer vir 20 min rys. Braai in diep olie. 319 BOERE BESKUIT: 3 koppies melk 3 koppies suiker 3 eiers 3 eetlepels botter hoogvol (marg) 1 ½ koekie suurdeeg 3 teelepels sout 2,5 kg meelblom Neem groot glas vrugtefles (canned fruit bottle) ¾ vol lou water. Los suurdeeg daarin op Kook melk, suiker en botter saam en laat afkoel. Klits eiers goed en voeg by suurdeegmengsel. Voeg gekookte mengsel ook by Voeg meel en sout by Roer met had tot taamlike slap deeg – moenie knie nie. Meng deeglik Laat oornag rys in warm plek(pak komberse bo-op om warm te hou) Knie volgende oggend af, maak balletjies en sit in panne Laat staan in panne tot dubbel gerys. Bak 1 uur 10 min 300° C of 160° C. MIN MOEITE BESKUIT 7 koppies meel 7 hoogvol teelepels bakpoeier 3 eiers sout 1 koppie suiker 1 koppie margarine 1 ½ koppie ryk melk Sif meel, bakpoeier en sout saam Vryf botter in Klits eiers en suiker saam Roer meel om beurt met melk en eier mengsel by Meng deeglik Bak 15 min 400° C MELKPAP 3 eiers 1/2 t sout 1 k koekmeelblom water kokende melk 2 stukke kaneel kaneelsuiker Klits eiers en sou effens Voeg koekmeelblom by en meng goed Voeg water by om stywe deegte vorm Skep in borde en strooi kaneelsuiker oor. 6.2 Algemene Boererate 320 Geen navorsing kan afsluit sonder om ‘n gedeelte te wy aan die ou Boererate soos deur die oorgeslagte gebruik is nie. Gebruik dit veral die eerste een … SPANTOU: vir stoute ore. VYE MELK Vir vratte, plaas die wit vye melk op die vratjie en die ou mense het geglo as jy hom na die maan blaas, sal hy vinniger verdwyn. JAMAICAGEMMER Dit werk vir 'n ongestelde maag. NAELTJIE OLIE Dit help vir tandpyn. KALIUMPERMANGANAAT Gebruik dit op omlope. BABA SE BRANDBOUDJIES Wit van een eier - liggies geklits. Maizina - gooi in leë babapoeierblikkie. Smeer eierwit aan met watter en strooi maizina - doen dit met elke doek wat omgeruil word. Dit vorm ‘n skilletjie op die boudjies. BEDSERE Neem die wit van 'n eier en brandewyn, roer dit goed en susses dit aan. Skoon brandewyn is ook goed. Smeer dit elke aand aan. BENOUDE BORS Smeer ongebleikte linne met bokvet, strool skoorsteenroet daarop en sit dit op die bors. BEROERTE 1 groot mespunt Engelse sout, 1 groot mespunt rool poeier. Gee die pasiënt dit in. Hou die voete tot aan die kniee in 'n mostertbad. 321 BLAAS, NIER, NIERSTENE Meng saam: 1 Botteltjie haarlemensis 1 Botteltjie swawel balsem 1 botteltjie balsem kopiva Drink 12-15 druppels op melk of suiker. Verkieslik in die aand of 1 Botteltjie halemens druppels 1 botteltjie witdulsies 1 botteltjie terpentyn 1 botteltjie balsemsulphirus 1 botteltjie olyf olie. Alles gelyke dele – meng goed en drink 1 teelepel vol 3 maal per dag. BLAASINFEKSIE Neem twee teelepels kaneelpoeier en een teelepel heuning in 'n glas lou warm water. Dit vernietig kieme in die blaas. BLOEDARMOEDE Twee groot rou beet, grof gerasper in 'n glasbak. Giet 'n bottel Port daaroor. Voeg een botteltjie Lennon Versterkdruppels daarby Laat staan oornag om te trek. Gooi deur doek en bêre vloeistof in yskas. Drink 3 keer per dag 'n kwart koppie vol. Party resepte gebruik Milk Stout (bier) in plaas van Port. Ander gebruik Lennon staaldrupples in plaas van Versterkdruppel. BLOEDING Sit terpentyn op die wond. Die voering van 'n ou hoed Is ook baie goed om op die wond te sit. Gooi 'n hele klomp peper op snywonde wat nie wil ophou bloei nie. Die peper laat die bloed stol en dit brand nie. BLOEDSUIKER Brokkoli en grondboontjies. Die chroom beheer die insullien en bloedsuiker. BLOEDVINTE Maak ‘n pasta van witbrood en warm water. Sit die pasta so warm as moontlik op die swere. BORS (SLEGTE BORS) 1 Groot handvol wildeals 1 botteltjie pepermint druppels 1 botteltjie Borsdruppels 1½ koppie bruin suiker Kook wildeals 10 minute. Suig deur. Kook saam met bogenoemde tot stroperig. Drink 1 desert lepel vol 3 maal per dag. DOOFHEID Sny 'n hasie oop en druk die water uit die blaas in 'n fles. Gooi 2 druppels 2 maal per dag in die oor. Steek 'n pluisie in die hasiewater en dan in die oor en maak gedurig weer nat. GAL EN GORDELROOS 1 teelepel borrie ½ glas water. Drink 3 maal per dag. 322 GALSTENE Neem 'n kwart glas (gewone bierglas) vars melk, vul dit op met olyfolle, voeg 'n teelepel kremetart en een teelepel koeksoda by, roer die mengsel goed deurmekaar en drink dit in die vooraand. Neem dan 3 uur later 2 bile beans pllle en die daarop volgende oggend een goeie dosis Engelse sout op nugter maag. Bly die eerste en tweede dag sonder vaste voedsel. Herhaal alles 14 dae later. GOED GESLUK 'n Speld en goed word soms gesluk deur kinders en die verpleging moet bestaan om die speld deur die ingewande te laat passeer. Met dié doel moet 'n groot kwantitelt ertappels gegee word en nie ander voedsel nie, totdat die speld gepasseer het. Moenie purgeermiddels gee nie. HAARVERLIES Mense wat aan haarverlies of kaalhoofdigheid lei kan 'n pasta van warm olyfolie, een teelepel heuning en klein bietjie kaneelpoeier aan hul kopvelle smeer voor badtyd. Laat dit vir 5 minute en was dan jou hare. HART 1 Botteltjie Alma Hartdruppels 1 Botteltjie Witdulsies Meng saam en drink 18 druppels 3x per dag. (Ook goed vir senuwees) 1 Botteltjie krampdruppels 1 botteltjie versterkdruppels 1 botteltjie Alma hartdruppels. HARTKLOPPINGS Moet nooit saans te veel of onverteerbare kos eet nie. Lê nooit op jou linkersy of op jou rug nie. Verdryf alle swaarmoedige gedagtes en laat snags 'n lampie brand. HARTKWAAL Maak 'n pasta van heuning en kaneelpoeier en eet dit gereeld as 'n smeer op brood. Dit voorkom die opbou van cholesterol in die are en voorkom hartaanvalle. Dit verminder ook die kanse van 'n tweede aanval drasties. Brandnetels soos tee laat trek met rooi laventel Brandnetels gedroog en op brandewyn laat trek. Neem 1 eetlepelvol driemaal op 'n dag. Laat lemoenblare soos tee trek. Drink twee eetlepels, driemaal op 'n dag. HARTWATER Gebruik kanfersopies. Neem bronkors, stamp dit fyn en druk dit deur sonder water. Neem 'n half bottel van die bronkorssap en vul die bottel verder met heuning. Sit die bottel in 'n brood voordat die brood in die oond kom. Laat die bottel in die brood bak en koud word. 1 bottel franse brandewyn, 1 bottel ruisementtee, kwart bottel rou heuning, 25 van die sterk epermentkoekies (extra strong), 1 flessie kamille-essens, van die groot plat bottels. Die ruisementtee moet so warm wees, dat die pepermente en heuning smelt. Gooi die ander goed by as dit koud is. Neem 3-maal op 'n dag 'n kelkievol, en al om die ander dag nege druppels Haarlemmerolle, met slaaptyd. HOESMEDISYNE 1 Botteltjie borsdruppels 1 Botteljie Turlington 1 Botteljie Paragoriese Elikser 1 Botteljie Pepermentdruppels 500gm Heuning 323

Description:
FAMILIE RESEPTE EN ALGEMENE BOERERATE. 6.1. Familie resepte 1teelepel gemmer .. Party resepte gebruik Milk Stout (bier) in plaas van. Port.
See more

The list of books you might like

Most books are stored in the elastic cloud where traffic is expensive. For this reason, we have a limit on daily download.