ebook img

Handels-Afrikaans vir gebruik op tegniese kolleges en hoërskole PDF

285 Pages·1930·8.375 MB·Afrikaans
Save to my drive
Quick download
Download
Most books are stored in the elastic cloud where traffic is expensive. For this reason, we have a limit on daily download.

Preview Handels-Afrikaans vir gebruik op tegniese kolleges en hoërskole

,, ...,.I 'I HANDELS-ONDERWYS 'n Reeks Handboeke vir T egniese Kolleges en Hoersko1e HANDELS-AFRIKAANS ~ deur EDM. BOTES en J. A. K. DE LANGE. ]. L. VAN SCHAIK, BEPK., PRETORIA. Hand els-Afrikaans vir gebruik op T egniese Kolleges en Hoerskole deur EDM. BOTES, M.A. (Dosent Pretoriase Tegniese Kollege,) en J. A. K. DE LANGE, B.Econ., (Hoof Voortsettingsklasse Pref. Tegn. Koll.) TWEDE VERBETERDE DRUK. Uitgewers: J. L. VAN SCHAIK, BEPK.. PRETORIA. 1930 INHOUD. Bladsy. Voorwoord 5 lnleiding .... 7 Hoofstuk. Bladsy I. Rededele . .. . .. . . .. . . .. . . .. . . .. . . .. .. .. . . 9 11. Sinsontleding .... .... .... .... .. . . 16 111. Die H andelsreisiger; oor Wol en Klandiesie 28 IV. Algemeen .... .... .... .... .... .. .. 40 V. Advertensies; Bestuurders en Agente 46 VI. Algemeen .. . . .. . . .. .. 52 VI I. Hersieningsoefeninge 65 VI 11. Opsommings 73 IX. Moeiliker Oefeninge 94 X. Die Ekspediteur en Algemene Oefening 98 XI. Betaling van Rekenings .... .. .. I08 XI I. Awery; Uit- en lnvoerhandel I 12 XIII. Algemene Oefeninge 120 XIV. Opstelle .... .... .. .. 128 XV. Spelling en Druk-proef Korreksies 135 KORRESPONDENSIE. I. Vorm en Rangskikking van Handelsbriewe 147 11. Kenmerke van 'n Goeie Sty! 157 111. Navrae, Vrywillige Aanbiedings, ens .... .. .. 16o IV. Bestellings .... .... .. . . .... .... .... .. .. __ .. .. 168 V. Aankoms van Sendings; Klagtes en Eise ... . 181 VI. Geldsendings; Betalings; Maanbriewe 187 VI I. Wissels en Rekenings-Koerant .... .... .... .. .. 194 VI 11. lnformasie oor die Stabiliteit en Reputasie van Firmas; Aanbevelings en Kredietbriewe 203 IX. Besonder en Algemene Diensaanbiedings; Omsendbriewe .. .. .... .. .. .. . . 209 X. lndeksering van Korrespondensie ... . 217 XI. Mark en ander Rapporte 225 Byvoegsel. I. Handels- en Vreemde Woorde en Uitdrukkings; Afkortings 11. Eksamenopgawes .... .... .. .. .. .. .. . . .. .. . ... I "" VOORWOORD. Aan alle kante merk ons vandag 'n merkwaardige ontwikkeling van ons taal, en veral op ander gebied as die meer bepaalde letterkundige. Afrikaans is besig sig 'n plek te verower in die handels- en ekonomiese lewe van die land, en die jong plant moet sorgvuldig gekweek en be waak word teen allerhande invloede wat horn dreig om <lit te verstik of te laat ontaard. En, waar 'n jong, ont wikkelde taal daarop uit is om wortel te vat in 'n nuw e veld, is <lit die plig van die liefhebbers en bevorderaars daarvan om 'n baie helder en duidelike voorstelling te he van wat hulle nastreef. Daar is in hoofsaak drie maniere om 'n deeglike Afri kaanse handelstaal in die lewe te roep (en die drie maniere geld mutatis mutandis van Afrikaans in alle opsigte) nl. 1. deur eenvoudig die Nederlandse vorm oor te neem .~ en in 'n Afrikaanse kleed te steek; . 2. deur 'n slaafse navolging en vertaling van die En gelse handelstaal; 3. deur die reeds bestaande Afrikaanse handelstaal as uitgangspunt te neem en <lit verder op te bou, te ontwikkel en uit te brei ooreenkomstig die tiepies Afrikaanse taal-eie. Vir die Afrikaner wat sy taal liefhet en <lit ernstig meen met die ontwikkeling, veredeling en uitbreiding daar van, kan alleen die laaste van die bo-aangehaalde maniere in aanmerking kom. Dit is tyd, <lat Afrikaners hulle nie langer laat afskeep met gesinkopeerde Nederlands of klak keloos vertaalde Engels nie, om van vertaalde slegte en "slang" Amerikaans nie eers te praat nie. Aan die anderkant, egter, as ons nie genoee wil neem met enige soort baster-taaltjie wat wil deurgaan vir Afri kaans nie, dan moet ons ook daarvoor sorg, <lat betrou- 6 bare en deeglike leer- en handboeke beskikbaar gestel word vir die gerief van en raadpleging deur diegene wat die taal wil of moet gebruik. Die skrywers van hierdie leerboeke doen pioneers werk vir Afrikaans as handelstaal en ek juig hulle onder nemingsgees van harte toe. Daar bestaan, sover my be kend is, nog geen Afrikaanse leerboeke vir handelskole nie. Hier het ons 'n ernstige en verdienstelike poging om in die behoefte te voorsien. Nou glo ek wel nie, dat die handelstaal van enige land horn aan bande sal laat le deur leerboeke nie, maar in elk geval bet die leerlinge bier 'n veilige grondslag om op voort te bou. Die opstellers van die boek is albei manne van rype ervaring op onderwysgebied en ons kan dus aanneem, dat die leerboek ook, wat die rangskikking van die leerstof en die metode bet ref, in die haak is. Om bogenoemde redes is dit my besonder aangenaam om die boek vir gebruik aan Tegniesekolleges, Handels klasse en Hoerskole sowel as deur handelskringe in die algemeen sterk aan te beveel. N. M. HOOGENHOUT. 7 INLEIDING. As gevolg van die verbasende vooruitgang en ont wikkeling in ons eeu op elke geoied, en veral op handelsgebied in Suid-Afrika, tree die belangrikheid van handelskorrespondensie baie op die voorgrond. Die han delskorrespondensie van vandag verskil baie van die van 'n vyftig jaar gelede. Die behoeftes van besighede vandag vereis 'n een voudige en noukeurige vorm van uitdrukking. Moderne handelskorrespondensie behoort kort en bondig te wees. Selfs die vroeer langdradige off isiele taal van regerings outoriteite bet plek gemaak vir 'n saakliker styl. Die handelaar is baiemaal verplig om sy toevlug tot briefwisseling te neem om nuwe betrekkings aan te knoop en te onderhou, om, in 'n paar woorde, sy sake te bevor der. Persoonlike aanraking met ander firmas en met klante is natuurlik verkiesliker as 'n brief, maar dit kan soms nie anders nie, want in ons dae veral is die spreekwoord waar: ,, Tyd is geld." Besigheid, wat vroeer deur middel van 'n agent gedrywe is, word vandag baiekeer deur middel van 'n brief of per telegram verrig, danksy die gereelde pos diens. 'n Handelskorrespondent moet ook algemene kennis en ervaring van besigheid besit, sowel as 'n gesonde be grip van die inhoud van 'n brief, beleid, 'n goeie styl en grondige kennis van die handelstaal. Die doel van hierdie boek is dan ook om die stude rende jeug in Suid-Afrika, Afrikaans- sowel as Engels sprekend, 'n leidraad te gee, nie alleen in handelskorres pondensie nie, maar ook om hulle woordeskat van handelsafrikaans uit te brei. Ons maak van die geleentheid gebruik, om die Minis ter van Onderwys te bedank vir die verlof wat hy ons 8 verleen bet, om gebruik te maak van eksamenvrae uit die verskillende bandelseksamens, deur die Unie-Department van Onderwys opgestel. Op- en aanmerkings van vriende en belangstellendes met die oog op aanvulling en verbetering by 'n ewentuele berdruk sal bartlik welkom wees. DIE SKRYWERS. Pretoria, Januarie 1928. VOORWOORD BY DIE TWEDE UITGAWE. Ons dank kollegas en andere vir die welwillende ont vangs van die Eerste Uitgawe. Dat daar al so gou 'n twede druk nodig geword bet, is bewys dat daar wel behoefte bestaan aan 'n leidraad vir Handels-Afrikaans. Ons vertrou dat hierdie twede verbeterde en uitgebreider uitgawe dieselfde gulle ontvangs te beurt sal val. DIE SKRYWERS. Pretoria, Julie 1930. 9 • HOOFSTUK I. 0EFENING 1. DIE SELFSTA NDIG E NAAMWOORD. Nadat die volgende groepe woorde behandel is meet daar nadruk gele word op die reel wat daarvan afgelei kan word. Skryf die meervoud van die volgende woorde: A. Klip krokodil rib stof kam mik see stoof saal studie dinastie monarg1e pa druif brug swerm uniform term B. Winkel baksel saa1er besem model middel kristen kwartaal kondukteur inspekteur admiraal intekenaar komitee bydrae nasie wandeling vergadering stedeling c. Gelid kind geed klip kalf lam maat lied gemoed kleed volk D. Gevoel bad bed genoe hoed jo!lg lewe vark vrou wa wese rug. ~ • 10 -~ E. Bees drif distrik sif gas gees manuskrip nes produk resep G. Aanbod bedrog doe! genot leer seen twyfel kri~tikus poliltikus musikus waarheid trotsheid j H. Bas gas las bus kus saal man F. Landsman ambagsman Boesman koopman stuurman staatsman Werksman Engelsman Fransman buurman seem an voorman. 0EFENING 2. DIE BYVOEGLIKE NAAMWOORD. Hier word aangedui op watter twee maniere byvoeg like naamwoorde gebruik kan word:- A. Die reis is voorspoedig. } Die man is gelukkig. Predikatief. j Die beweging is sne/. B. 'n V oorspoedige reis. } 'n Gelukkige man. Attributief. 'n Snelle beweging. Gebruik die volgende byvoeglike naamwoorde eers predikatief en dan attributief :- Glad heerlik duidelik skaars green aangenaam vreemd oud onbekend 0EFENING 3. C. Vul die volgende byvoeglike naamwoorde op hulle regte plekke in:- ~te - sukses~olle - agterstallige - vretmde - vrugbare - wonderlik'.e - bekende - skitte rende.

See more

The list of books you might like

Most books are stored in the elastic cloud where traffic is expensive. For this reason, we have a limit on daily download.