GEDENKALBUM VAN DIE NEDERDUITSCH HERVORMDE GEMEENTE POTCHEFSTROOM 1842-1992 i i GEDENKALBUM VAN DIE NEDERDUITSCH HERVORMDE GEMEENTE POTCHEFSTROOM 1842-1992 Grepe uit die geskiedenis van die oudste gemeente in die Oorvaalse Saamgestel deur: Profdr A D Pont en W ds J J Kok Digitized by the Internet Archive in 2017 with funding from University of Pretoria, Library Services https://archive.org/details/gedenkalbumvandiOOpont INHOUOSOPGA WE WgtKHItMltlUÊtlKÊÊIÊÊUÊÊSM^kÊÊUÊtlÊBSÊÊÊÊtÊIÉÊki^XK^‘^.i>^!í:-.-.#1^;' • v.‘- <. .. - INLEIDING 1. 1 2. DIE EERSTE BEGIN 3 3. DIE VOORTREKKERGESKIEDENIS 7 4. DIE JARE 1842-1852 10 5. DS DIRKVAN DER HOFF 14 6. DIE GEMEENTE GROEI EN WORD STERKER 20 7. DIE NUWE KERKGEBOU 23 DIE KERKLIKE VERDEELDHEID TUSSEN DIE REPUBLIKEINSE AFRIKANER VAN 8. DIE NOORDE EN DIE KOLONIALE AFRIKANERVAN DIE SUIDE 28 9. DIE NUWERE GESKIEDENIS VAN DIE GEMEENTE 37 10. DIE DIENSTERMYN VAN DS JGM DREYER EN DAARNA 43 11. DIE ANDER HERVORMDE GEMEENTES VAN POTCHEFSTROOM 50 Potchefstroom-Noord Gemeente 1948-1991 50 Potchefstroom Suid Gemeente 52 Studentegemeente Potchefstroom 53 Grimbeekpark 55 Potchefstroom: Die Wilge 56 12. UIT DIE NOTULEBOEKE VAN DIE GEMEENTE 59 13. DIE STEUNPILARE VAN POTCHEFSTROOM GEMEENTE 70 Die Fleischack-familie 70 Oudl Thys Roos 71 Mev Laura Dreyer 72 14. FOTOBEELD VAN DIE GEMEENTE IN 1992 74 VOORWOORD D IT is met groot dankbaarheid dat gemeente Potchefstroom, die oudste gemeente in Trans- vaal, die 150 jarige bestaan van die gemeente vier. Histories het die gemeente as die ou Voortrekkerkerk ’n baie belangrike rol in die geskiedenis en lewe van ons vadere vervul. Vir die gemeente is dit steeds ’n voorreg om diensbaar in die Koninkryk van God te kan wees. Daarom ervaar en beleefons dat dit die Heer selfis wat sy kerk en ook ons gemeente oor die afge- lope 150jaar in stand gehou het. Teenoor almal wat meegewerk het om hierdie album saam te stel, word groot waarderinguitge- spreek. Dit is gepas om ProfAD Pont uit te sonder, wat te midde van ’n baie druk werkprogram, die grootste deel van die album saamgestel het. U verdien ons dank en waardering. KERKRAAD VAN GEMEENTE POTCHEFSTROOM 1992 INLEiniNG: niE GESKIEnENIS G ESKIEDENIS is die verhaal van die tyd wat agter lê, van mense en gebeurtenisse wat verby is. Daarom is die geskiedenis nooit iets wat met ’n harde stem praat nie, want die mense uit die geskiedenis is almal al dood. Baie van hulle se geskiedenis het al byna opge- hou om aandagte vra. Soms is dit nognet in families waar die voorgeslagte onthou word. Baie van die dinge wat die voorafgaande geslagte gesê en gedoen, geskryf, gebou ofbeleefhet, het verdwyn, vergete geraak ofvergaan. ’n Grafmet ’n onleesbare steen daarop, ’n ou murasie, ’n paar sinne op ’n vergeelde stuk papier in ’n argief, is soms die enigste spoor ofteken van ’n mens wat sy lewe geleefen sy merk gemaak het, ’n vyftig, ’n honderd ofmeerjaar gelede. Metdie 100-jarigefeesvieringe in 1942het ’n dankbare nageslaghierdie borsbeeld van dsDirk van derHoff opgerigbydiehoofingangvandiekerkgbou. MeerasenigeanderHervormdepredikantisdsvanderHoffdeur Kaapsepredikanteaangeval, swartgesmeeren verdaggemaak. Ondanksaldie teenspoeden teenkantinghet hykoersgehou engedoen wathygeroep wasom te doen en dit was om dieenvangelie van diegekruisigdeen opgestaneHereJesus Christus te verkondig. Miskien kan dit ook nie anders nie want elke geslag van mense moet die probleme, die uitdagings vanhulleeietyddiehoofbied. Dikwelsbetekenditdatdaarnietydisomooknognadiegeskiedenis te vra nie ofom die erfgoed van die verlede te bewaar nie. Togis diegeskiedenisniesonderbetekenisniewantditis dieoptekeningvandiespoorwaarlangs ’n mens, ’n familie, ’nvolk ofkerkgekom het. Daardie spoor sê iets, vertel ’nverhaal waaruitmens iets kan leer. Daardie verhaal kan somsin die hede meer duidelik die koers aandui ofditkan moed inpraat, ofdit kan verantwoordelikhede beklemtoon. So het die geskiedenis dikwels meer as één betekenis want die mens se verlede is, net soos die mens self, veelkantig. Die geskiedenis bly egter primêr die verhaal van gister en eergister, van die mense van daardie tyd. En daardie mense uit die verlede was ook maar mense met al die tekortko mings wat aan die mens-wees kleef. Daarom moet mens altyd versigtig wees om die verlede nie te idealiseer of sy waarde te oordryfnie. Soms, soos in ons tyd, word die geskiedenis, die tyd wat agterlê, voorgehou as die tyd waar ál die foute gemaak is, en wat nou die hede vertroebel en die toekoms moeilik maak. Skielik is sommige monumente en standbeelde dinge wat in die pad is en ’n verkeerde interpretasie van die verlede gee. Dit word nie gesê om die verlede beter te verstaan nie maar om ’n bepaalde koers in die hede te propageer. Nou moet die geskiedenis óók sê dat die nuwe koers die regte koers is. So kan die geskiedenis, die verhaal van die verlede, gebruik ën misbruik word. 1 Die bedoeling van hierdie publikasie is om momente uit die geskiedenis van die gemeente wéér na vore te haal. Daarom praat hierdie verhaal van kerkgeboue, pastorieë, predikante, kerkraads- lede en gelowige lidmate. Dis nie ’n volledige verhaal nie, maar eerder ’n storie met prentjies van die spoor waarlangs hierdie gemeente geloop het. Dit is ’n langverhaal want dit begin al in Maart 1842 en vóór daardie begin is daarook nog’n storie. Daarom is getragom ’n enkele duidelike spoor Gedenkplaatwatin 1942onthulismetdie vieringvandie 100-jarigebestaan vandiegemeente. Sokan mens sien hoedie tyd verbygaan. te teken en nie te veel besonderhede te gee nie sodat die verhaal interessant sal bly; sodat mens by die nalees hiervan iets sal begryp van die rykdomvan ons Hervormde, kerklike erfenis en onsAfri- kaner- en volkserfgoed. Ditop sigselfis al eiesoortigwantin die Hervormde Kerkis ons nie sku vir ons deel-wees van die Afrikanervolk nie. Daar was dan ’n stadium dat ons kerk die staatskerk van die ou Zuid-Afrikaansche Republiek was! Koddig genoeg, was ons seker die mins staatkerklike staatskerk wat ooit bestaan het. Toghet dit iets gesê van ons kerk se betrokkenheid by en sorgvir die Afrikanervolk. Hierdie publikasieis nie regtig’ngeskiedenisvan die gemeente nie. Miskien is diteerder’n wan-^ deling terug in die tyd, terug op die spoor waarlangs die gemeente gekom het. Deur die wandeling te maak, kan mens dalk lateriets verstaanvan die gemeente, hoe die gemeente is en waarom hy so is. Want dit bly waar: ’n Hervormde gemeente en veral die Potchefstroomse Hervormde gemeente hetsyeie kerklike kultuur, tradisie en erfgoed. Ditis die uiterlike merktekensvan diegemeente se geloofen gehoorsaámheid aan die Woord- dit wat die gemeente se bestaan regverdig. 2 DIE EERSTE BEGIN 2. D IE gemeente Potchefstroom se begin lê by die eerste kerkviering op 26 en 27 Maart 1842. Toe het ds Daniel Lindley, dieAmerikaanse sendelingwat deur dieVoortrekker-volksraad as predikant van die Voortrekkerkerk aangestel is, die eerste maal op Potchefstroom kerk DsDani'élLindley, dieAmerikaansePresbiteriaansesendelingwatdie tweedepredikant van die Voortrekkerkerkgeword het. Hyhetdieeerste maal nagmaal inPotchefstroom in 1842 bedien. gehou. Daar was baie mense teenwoordig - omtrent ’n 190 waens. Soos Komdt Hendrik Potgieter ditgestel het: “Te Potschefstroom bydieKerkwas 190 waagens buiten de inwoondersvan de dorp, en met regt moet ik zeggen dat er een aanzienlyk schaar tegenwoordig was, ...” 26 en 27 Maart se kerkviering is die stigtingsdatum van Potchefstroom se gemeente. By die geleentheid is allereers deurdsLindleydiekerkraadsledeinhulle amptebevestigwatop23 Februarie 1842 deurdieVolks- raad aangestel is. Hierdie eerste kerkraad in die Oorvaalse Voortrekkergebied het drie ouderlinge gehad, nl.: DavidFrancoisJacobs, 20 Mei 1786-24Junie 1875, isinGraaff-Reinetsewêreldgebore. Reeds in 1820 is hy ’n kerkraadslid van die gemeente Beaufort Wes. Hy het saam met Potgieter na die noorde getrek. Die Volksraad het op 3 Januarie 1840 besluit: “... dat de heer David Fransooijs Jacobs als Ouderling en Catigiseermeester is aangesteld ... aan gene zijde der Drakensberg.” Jacobs het in Heidelberg se wêreld gewoon en is in 1875 op die plaas Elandsfontein in die huis van sy skoonseun, Pieter D Jacobs, oorlede. D F Jacobs is die stamvader van die Hervormde Jacobs- familie wat al baie sterk kerkmense opgelewer het. Frederik Gerhardus Wolmarans, 15.11.1788 - 28 April 1872. Hy was ook een van Potgieter se mense en hethom reeds in 1840 in die Oorvaalse gevestig. Hywas ’nkerkmanby uitsteken was in 1853 die eerste voorsitter van die Algemene Kerkvergadering van die Hervormde Kerk. In 1872 is hy op die plaas Boschhoek in die distrik Potchefstroom, oorlede. Van sy nageslag het diep spore in die openbare en kerklike lewe van die Afrikaner getrap. Hier kan mens net dink aan ouderling A D W Wolmarans uit die tyd na die mislukte kerkvereniging van 1885 en aan profdr H P Wolma- rans, ’n agterkleinseun van F GWolmarans. 3 JHAAF SCHRIFT, ‘#, •''VVOl.MARAN.S iT-. ' Got^í^t^t ío lYfcyaar 77BB.7,5‘ íSTweinV^êr Kii^vorloclpn opcfon 2,>Apri1 1872/1^ Diegrafskrifop diegrafvan oudlFG Wolmarans, diegrootstaatmakerop kerklikegebied. Petrus Johannes van Staden, 11.5.1804-3 Junie 1892, wat ook van Potgieter se mense was en uitUitenhage sewêreldgekomhet. HyhetlaternadieMagaliesbergsewêreldversitenindielatere Rustenburgse gemeente nog ’n belangrike rol gespeel. Hy is op sy plaas Dorenbosch in die distrik Rustenburg oorlede. Onder sy nasate tel daar ’n hele paar Hervormde predikante waarvan ds AJ van Staden seker die bekendste is. Een vandieeersteouderlinge. PetrusJohannes vanStaden watinMagaliesburgsewêreldgewoonhetenéén vandieeersteouderlingeindie Oorvaalse was. Hy is in 1892oorlede in dieouderdom van 88jaar. Naas hierdie drie ouderlinge, het ds Lindley ook nogvier diakens in hulle amptebevestig. As mens nou mooi daarop let, word dit duidelik dat hier in die begin, die gemeente Potchefstroom die hele Voortrekker-gemeenskap noord van die Vaalrivier omvat het. Die Voortrekkergemeenskap het wyd verspreid in die Oorvaalse gewoon. Die noordgrens van die gebied was die Soutpansberg, die suidgrens dieVaalrivier. Die wesgrens was die rand van die Kalahari en aan die oostekantwas dit Renosterpoort, wes van die Wilgerivier, naby die huidige Middelburg. Die skatting is dat so ’n tienjaarlaterin 1852, tussen dieVaal-en die Limpoporivier, daarongeveer 15 000blankesgewoon het. Die vier diakens was allereers Pieter du Preez wat laterin die distrik Zoutpansberggewoon het en Gabriel Maree wat hom later in Lydenburg se wêreld gevestig het. Van die twee diakens isnieveelmeerbekend nie. Danwas daarnogPieterFrederik Strydom26.6.1800-24.9.1887 wat hom in die Heidelbergse wêreld gevestig het. Die meeste Hervormde Strydoms uit daardie wêreld 4