Stephan Joubert kyk in DIE WEDERKOMS na die bespiegelings oor die einde van die wêreld in 2012 vanuit ’n Bybelse perspektief. Hy bespreek in hierdie aktuele boek temas soos: “Is 21 Desember 2012 die einde?”; “Kan jy die tekens van die tyd regtig reg lees?”; “Die Antichris”; en “Lees God se Woord reg, dan verstaan jy die eindtyd reg”.