Shannon Bliss is ontvoer toe sy sestien jaar oud was, maar ná elf jaar is sy vry. In DIE LOSPRYS kontak sy vir Matthew Dane, ’n privaatspeurder en voormalige polisieman, om haar te help om weer by haar familie uit te kom en haar ontvoerders aan die pen te laat ry. Maar om haar te help, sal Matthew presies moet weet wat met haar gebeur het, ongeag watter geheime oopgekrap gaan word ...