Description:Isak Burger lê ’n wêreld bloot buite die grens van die mens se sintuiglike veld van waarneming: die geesteswêreld in ’n ander dimensie as dié waarin ons dinge beleef. Hy werp lig op engele en hulle rol in ons lewe, Satan en sy demone se mag in die wêreld en die gelowige se rol in die geesteswêreld. Hierdie boek sal lesers se oë oopmaak vir die onsienlike wêreld rondom ons. ’n DVD oor die kwessie van kontak met afgestorwenes is by die boek ingesluit.