DIE AFSKEID is die eerste boek in die BAILEY FLANIGAN-reeks. Bailey se avonture begin wanneer sy die geleentheid kry om ’n oudisie te doen vir ’n Broadway-musiekblyspel in New York. Maar is sy gereed om haar vriende en familie in Bloomington agter te laat? En wat van Cody wat deur nuwe vriende, omstandighede en die afstand tussen hulle agterkom dat sy verhouding met Bailey nie so rotsvas is soos hy gedink het nie?