Vir Tyler is God ’n vriend, leermeester en sy grootste penmaat. Hy hanteer sy siekte deur sy gebede in die vorm van briewe aan God te skryf en dit daagliks te pos. Wanneer die posman Brady McDaniels Tyler se eerste hemelgerigte brief kry, weet hy nie wat om daarmee te maak nie. Wanneer Tyler al dodelik siek is, begin Brady die briewe lees en ontdek die krag van die seun se gesprekke met God. BRIEWE AAN GOD is geïnspireer deur die fliek LETTERS TO GOD wat gebaseer is op ’n ware verhaal.