ebook img

bevriending en bevreemding in sprokkelster en groenstaar van marlene van niekerk anna maria ... PDF

148 Pages·2015·1.49 MB·Afrikaans
by  
Most books are stored in the elastic cloud where traffic is expensive. For this reason, we have a limit on daily download.

Preview bevriending en bevreemding in sprokkelster en groenstaar van marlene van niekerk anna maria ...

BEVRIENDING EN BEVREEMDING IN SPROKKELSTER EN GROENSTAAR VAN MARLENE VAN NIEKERK ANNA MARIA ENGELBRECHT TESIS INGELEWER TER GEDEELTELIKE VOLDOENING AAN DIE VEREISTES VIR DIE GRAAD VAN MAGISTER IN DIE LETTERE EN WYSBEGEERTE AAN DIE UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH. STUDIELEIER: PROF. LINA SPIES MAART 1996 Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za/ VERKLARING Ek, die ondergetekende, verklaar hiermee dat die werk in hierdie tesis vervat, my eie oorspronklike werk is wat nog nie vantevore in die geheel of gedeeltelik by enige ander universiteit ter verkryging van 'n graad voorgel'e is nie. A. M. Engelbrecht Datum Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za/ OPSOMMING In die tesis word bevriending en bevreemding in die poesie van Marlene van Niekerk aan die hand van verskillende aspekte van die poesie ondersoek: figurering, tyd en ruimte, musikaliteit, liefdesverse en Godsbelewing. Hoofstuk 1 dien as inleiding waarin onder andere die begrippe "bevriending" en "bevreemding" omskryf word. Ek sal aandui hoe hulle reeds in die titels van Marlene van Niekerk se twee digbundels, Sprokkelster en Groenstaar, aanwesig is. Figurering word in die tweede hoofstuk bespreek. Eerstens word die begrip "figurering", nl. die gee van vorm aan gestalte of figuur, kortliks omskryf. Daarna word figurering in nege gedigte bespreek, en word ook aangedui hoe bevriending en bevreemding daarin voorkom. Hoofstuk 3 handel oor tyd en ruimte in Van Niekerk se poesie en hoe bevriending en bevreemding ook hier aanwesig is. Die begrippe "tyd" en "ruimte" word eers kortliks verduidelik. Daarna word 'n tiental gedigte bespreek wat onder meer handel oor die bekende ruimte, Suid-Afrika, en die minder bekende ruimte, Europa, veral Nederland. Ek wys onder meer op die kontras tussen die twee ruimtes, asook die vervreemding wat daar by Van Niekerk ingetree het teenoor haar geboorteland tydens haar verblyf in die vreemde. 111 Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za/ Een van die opvallendste kenmerke van Van Niekerk se poesie, naamlik musikaliteit, kom aan die bod in Hoofstuk 4. Eerstens word die begrip "musikaliteit" kortliks beskryf. Daarna word sewe gedigte ter illustrasie bespreek, terwyl terselfdertyd gewys word op bevriending en bevreemding. Hoofstuk 5 handel oor die tema liefde. Volgens Cloete (1978:175) is Van Niekerk se poesie "so vol van die werklikheid dat dit weinig geinteresseerd is in die personale". In die enkele liefdesverse wat in haar twee digbundels voorkom, geniet die wereld rondom die ek dan ook voorkeur b6 die geliefde en word die geliefde meestal deur natuurbeelde heen beleef. In Hoofstuk 6 word Van Niekerk se belewing van God aan die hand van ses gedigte bespreek. Daar word aangedui hoe bevriending en bevreemding ook hier teenwoordig is. Die slothoofstuk is 'n kort samevatting van die bespreking van bevriending en bevreemding in die voorafgaande hoofstukke. iv Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za/ SUMMARY Amity and estrangement in the poetry of Marlene van Niekerk are investigated in this dissertation according to various poetic aspects: figurisation, time and space, musicality, love poetry and Godly experience. The first chapter introduces the concepts of "amity" and "estrangement" by way of contextual definition. I shall endeavour to show, inter alia, how these two concepts are already present in the titles of the two poetry volumes of Marlene van Niekerk, Sprokkelster and Groenstaar. Figurisation is discussed in chapter 2. The term "figurisation", i.e. the embodiment of form or figure, is briefly described, followed by a discussion of "figurisation" in nine selected poems and the manifestation of amity and estrangement therein. Chapter three focuses on time and space in the poetry of Van Niekerk and of the presence, also here, of amity and estrangement. First the concepts of "time" and "space" are explained, followed by a discussion of ten poems with specific emphasis on the well-known expanse of South Africa, as opposed to the less well known cosmos of Europe — particularly the Netherlands. I highlight, inter alia, the contrast between these two areas as well as the estrangement that Van Niekerk experienced from the country of her birth during her stay abroad. Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za/ Chapter four deals with one of the most striking features of the poetry of Van Niekerk — that of musicality. After the term "musicality" is briefly described, seven poems are discussed to illustrate the musicality therein, whilst keeping the focus on amity and estrangement. The theme of love is dealt with in the fifth chapter. The poetry of Van Niekerk is, according to Cloete (1978:173), "so filled with realism that it shows little interest in the personal". In the few love poems that are present in her two poetry volumes, the world around the "I" enjoys preference over the beloved, with the beloved experienced largely through images of nature. The penultimate chapter is devoted to the manner in which Van Niekerk experiences the presence of God. Six poems are analyzed to substantiate this, and to show the appearance of amity and estrangement here. The salient points of the presence of amity and estrangement and the significance of these two elements in the poetic oeuvre of Marlene van Niekerk, are encapsulated in the concluding chapter. vi Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za/ My dank aan Prof. Lina Spies, vir onverbeterlike studieleiding. Haar volgehoue entoesiasme en aanmoediging, asook verhelderende kritiek tydens die skryf van hierdie tesis, word eindeloos waardeer. Prof. N. J. Snyman van die Universiteit van Suid-Afrika, wat die saadjie geplant het, en onder wie se leiding ek aanvanklik met hierdie studie begin het. My ouers vir hulle liefde en belangstelling. Leon, aan wie ek hierdie tesis met al my liefde opdra, vir sy begrip en onderskraging, asook die toegewydheid waarmee hy die tegniese versorging behartig het. SOLI DEO GLORIA vii Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za/ INHOUDSOPGAWE (cid:9) Hoofstuk 1: Inleiding 1 (cid:9) Hoofstuk 2: Figurering 5 (cid:9) Hoofstuk 3: Tyd en ruimte 41 (cid:9) Hoofstuk 4: Musikaliteit 73 (cid:9) Hoofstuk 5: Liefdesverse 96 (cid:9) Hoofstuk 6: Godsbelewing 113 (cid:9) Hoofstuk 7: Slot 137 (cid:9) Bibliografie 141 viii Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za/ "tot elke ding met tyd ontdek waarna hy neig — sy patroon en innerlike heiligheid" dood van 'n vensterwasser — Marlene van Niekerk ix Stellenbosch University http://scholar.sun.ac.za/ / I HOOFSTUK 1: INLEIDING Marlene van Niekerk het met die ontvangs van die Eugene Marais-prys vir haar debuutbundel Sprokkelster in 1978 in Port Elizabeth gese haar verse ontstaan uit haar pa se stories en haar rna se drome (Griitter 1979: 141). In hierdie uitspraak le die sleutel tot hierdie studie opgesluit: aan die een kant bevriending: die goeie, bekende, soos "stories" wat vertel of gelees en na geluister kan word, en aan die ander kant, bevreemding: dit wat vreemd, onwerklik voorkom en wat verwondering wek, soos "drome" wat 'n mens onwillekeurig in jou slaap ervaar, of lugkastele as die dinge waaroor jy fantaseer. Die WAT omskryf die begrip "bevriend" as "deur vriendskap verbonde; vriendelik gesind", en "bevreemd" as "vreemd voorkom, verbaas, verwonder, snaaks lyk", terwyl "bevreemding" omskryf word as "verwondering". Bevriending kan dus beteken: dit wat bekend, goed, vertroud, harmonieus is. Bevreemding kan op sy beurt ook 'n wye spektrum betekenisse he, naamlik: onbekend, vreemd, verhewe, mistiek, bonatuurlik, toweragtig, sprokiesagtig, onharmonieus en kontrasterend. Hierdie dualisme, bevriending en bevreemding, word reeds in die titels van Van Niekerk se twee digbundels aangetref. Die titel van haar debuutbundel Sprokkelster 1

Description:
In die tesis word bevriending en bevreemding in die poesie van Marlene van Niekerk aan die hand van van Niekerk se twee digbundels, Sprokkelster en Groenstaar, aanwesig is. Figurering word in Lindenberg (1979:47) dit uitdruk, "die Boland-mooi skrynend seer te maak deur dit innig te vervleg
See more

The list of books you might like