AL SOU DIE VYEBOOM NIE BOT NIE is ’n Bybelstudie in 8 studies oor die boek Habakuk. Riekert Botha lei jou om raak te sien dat jy jou in God kan verbly al val die wêreld om jou uitmekaar. Die outeur nooi jou ook uit om jou eie weergawe van Habakuk 3:17-19 neer te skryf. Die volledige Habakuk uit die Nuwe Lewende Vertaling verskyn in die Bybelstudie.