PA’S EN SEUNS uit die pen van bekende skrywer en evangelis Angus Buchan moedig pa’s aan om die verhouding met hulle seuns te slyp, te beskerm en te koester. Die boek moedig terselfdertyd ook seuns aan om hul verhouding met hulle pa te koester en so een van dié belangrikste gesinsbande te versterk. Temas wat bespreek word, sluit in: ’n Pa se aanvaarding, rolmodelle, genade en respek, nederigheid teenoor hoogmoed, opoffering, wat maak iemand ’n pa en onversetlike liefde.