ebook img

n kriminologiese introspeksie alice maree doctor litterarum et philosophiae kriminologie PDF

226 Pages·2014·2.91 MB·Afrikaans
by  
Save to my drive
Quick download
Download
Most books are stored in the elastic cloud where traffic is expensive. For this reason, we have a limit on daily download.

Preview n kriminologiese introspeksie alice maree doctor litterarum et philosophiae kriminologie

DIE #ODUS OPERANDI VAN DIE BANKROWER: 'N KRIMINOLOGIESE INTROSPEKSIE deur ALICE MAREE voorgele luidens die vereistes vir die graad DOCTOR LITTERARUM ET PHILOSOPHIAE in die vak KRIMINOLOGIE aan die UNIVERSITEIT VAN SUID-AFRIKA PROMOTOR: PROF S J JOUBERT MEDE-PROMOTOR: PROF J H PRINSLOO NOVEMBER 1995 -i- "Qualitative paradigmatic research will be the dominant research modality by the year 2015 ... " Leininger {1992:413) Opgedra aan: * Al die respondente wat bereid was om hulle ervarings onomwonde met my te deel. * My moeder, wyle F E Eveleigh. *My dogter, Theulice Maree. -ii- BEDANKINGS Dank gaan aan die volgende persone: My promotor, professor Joubert: Dankie vir u bekwame leiding en geduld, u was my mentor in die ware sin van die woord; my mede-promotor, professor Prinsloo: Dankie vir u besondere bydrae ondanks moeilike omstandighede; die Departement Korrektiewe Dienste - en in besonder luitenant kolonel Wissing, kaptein Jones, luitenant Leak, brigadier Smit, majoor Riekert en personeel van die onderskeie gevangenisse - vir die geleentheid om persoonlik met die oortreder in aanraking te kom asook die vriendelike ontvangs en behandeling tydens onderhoud sessies; Jo Landt vir vriendskap, ondersteuning, raad en hulp met die tik van die proefskrif; doktor Frances Jacobs vir die taalkundige versorging; Marlene Burger vir die leiding en kontrolering van die bibliografie en bronverwysings; die vakreferent, Tilana Burger vir bystand met bibliografiee, boekaanvrae en kontrolering van die bibliografie; sekuriteitshoofde van die onderskeie bankgroepe, vir voortdurende belangstelling, hulp en ondersteuning; my vader, vriende, familie en kollegas vir elkeen se omgee; en my man, Stephanus en ons dogter Theulice: Julle liefde, opoffering en begrip is die kroon op laat nagte se harde werk. Alle lof, eer en heerlikheid aan God alleen. ALICE MAREE -iii - OPSOMMING In die ondersoek na die modus operandi van die bankrower: 'n kriminologiese introspeksie, kan die ondergemelde drie dimensies onderskei word: Die eerste dimensie is 'n kriminologiese introspeksie wat die betekenis wat bankrowers self aan die uitvoer van bankrooftogte heg, behels. Hierdie leefwereld van die subjekte word deur die navorser "betree" en mede-verken. Doelgerigtheid, morele oorwegings, teesin in geweld, charisma, kognitiewe vermoens en 'n materialistiese ingesteldheid is begrippe wat die bankrower as mens belig. Die tweede dimensie word verteenwoordig deur die begrondingsteorie as navorsingsmetode, gebaseer op die werk van Strauss en Corbin {1990), wat toegepas word ten einde sodanige navorsingsdoelstelling te fasiliteer. Tydens die aanvanklike fase van die ondersoek is daar met 28 bankrowers in aanhoud i ng, gefokusde semi -gest ruktureerde ind i epte-onderhoude gevoer. Opvolgonderhoude is met ses van die 28 subjekte gevoer, met die doel om 'n substantiewe begrondingsteorie te ontplooi, verskille op te klaar en die geldigheid van die data te verhoog. Die derde dimensie reflekteer vervolgens die ontplooiing van 'n substantiewe begrondingsteorie wat weerspieel word in proposisies en wat in vier fases van die modus operandi van die bankrower onderskei word, naamlik die beplanning-; uitvoering-; afhandeling-; en heroorwegingsfase. Elk van die ge'identifiseerde fases word gekenmerk deur progressiewe beweging, natuurlike kontinu'iteit, emosionele belewenisse en 'n individualistiese inslag. Twee kernelemente, naamlik besluitneming en rasionaliteit staan prominent binne die kader van die modus operandi van die bankrower. Die substantiewe begrondingsteorie is daarop ingestel om die verskynsel wat bestudeer word, te verklaar. Seide die oorweging van die ondersoek asook ander doelstellings van die navorser word binne die teorie geakkommodeer. Verdere vergelykende studies kan daartoe bydra om die substantiewe begrondingsteorie te verfyn, te falsifiseer, 6f by gebrek daaraan, tot 'n formele teorie uit te bou. -iv- Derhalwe word die begrondingsteorie as navorsingsmetode nie slegs as toepaslik beskou vir toekomstige navorsing oor onderwerpe waaroor daar 'n gebrek aan empiriese bevindinge bestaan en waaroor relatief min kennis in kriminologiese literatuur voorkom nie, maar hou dit ook die voordeel van 'n pluriforme navorsingstudie in. -v- SUMMARY In the investigation into the modus operandi of the bank robber: a criminological introspection, three dimensions can be distinguished. The first dimension is a criminological introspection comprising the meaning attached by bank rob.bers to the execution of bank robberies. This world of the subjects is entered and co-scouted. Sense of purpose, mora 1 considerations, aversion to violence, charisma, cognitive powers and a materialistic disposition are conceptions that elucidate the bank robber as a human. The second dimension is represented by the grounded theory as research method, based on the work of Strauss and Corbin (1990), which are applied to facilitate such research aims. During the initial phase of the investigation, focused, semi-structured, in-depth interviews were held with 28 bank robbers in detention. Subsequent interviews were held with six of the 28 subjects, aimed at expanding a substantive grounded theory, to clear up differences and to increase the validity of the data. The third dimension reflects the development of a substantive grounded theory which is revealed in propositions and signalised in four phases of the bank robber's modus operandi, namely the planning, execution, disposal and reconsideration phases. Each of these identified phases is characterised by progressive movement, natura 1 continuity, emot i ona 1 experiences and an individualistic infusion. The basic elements, namely decision-making and rationalisation, are prominent in the cadre of the bank robber's modus operandi. The substantive grounded theory is aimed at explaining the study phenomenon. Consideration of the investigation as well as other aims of the researcher are accommodated in the theory. Further comparative studies can assist in refining or falsifying the substantive grounded theory or, failing, to expand it to a formal theory. -vi- The grounded theory is therefore regarded as appropriate for future research on subjects about which there is a lack of empirical findings and relatively little knowledge in criminological literature. The theory offers, in addition, the advantage of a pluriform research study. Key terms: Bank robber; Bank robbery; Constant comparative analysis; Grounded theory; Modus operandi; Qualitative approach; Rational choice; Symbolic interactionism; Substantive grounded theory; Target selection. -vii- INHOUDSOPGAWE HOOFSTUK 1 ORieNTASIE TOT DIE STUDIE Bladsy 1.1 INLEIDING 1 1.2 RASIONAAL VIR DIE STUDIE 4 1.3 ALGEMENE PROBLEEMSTELLING 6 1.4 SPESIFIEKE PROBLEEMSTELLING 7 1.5 NAVORSINGSVRAAG 8 1.6 METOOOLOGIESE PROBLEEMSTELLING 8 1.6.1 Doel van die ondersoek 8 1.6.2 Metodologiese onderbou 9 1.6.2.1 Kwalitatiewe orientasie 10 1.6.2.2 Interaksionisme as teoretiese perspektief 15 1.6.2.3 Die begrondingsteorie 19 1.6.3 Opsomming van die navorsingsmetode vir die ondersoek 23 1. 7 AANNAMES 24 1.8 BEGRIPSOMSKRYWING 24 1.8.1 Asstandige kodering 24 1.8.2 Bankrower 25 1.8.3 Doelgerigte begrensing 25 1.8.4 Konkrete konsepte eie aan die ondersoekgroep 25 1.8.5 Konkrete konsepte eie aan kwalitatiewe 26 verslagskrywing 1.8.6 Konstante vergelykende data-analise 26 1.8. 7 Modus operandi 26 1.8.8 Oop kodering ("open coding"} 27 -viii- Bl adsv 1.8.9 Proposisies 27 1.8.10 Selektiewe begrensing 27 1.8.11 Selektiewe kodering 28 1.8.12 Substantiewe teorie 28 1.8.13 Teoretiese begrensing 29 1.9 ETIESE OORWEGINGS 29 1.10 BEPERKINGS VAN DIE ONDERSOEK 31 1.11 SAMEVATTING 32 HOOFSTUK 2 LITERATUUROORSIG VAN DIE NAVORSINGSTEMA - DIE #ODtJS OPERANDI VAN DIE BANKROWER 2.1 INLEIDING 33 2.2 DIE GEBRUIKSWAARDE VAN 'N LITERATUURSTUDIE BY DIE 33 BEGRONDINGSTEORIE AS NAVORSINGSMETODE 2.3 DIE KONSEP MODUS OPERANDI 35 2.3.l Historiese perspektief van modus operandi 35 2.3.2 Be1nvloedingsfaktore wat modus operandi bepaal 36 2.3.3 Teoretiese perspektief met betrekking tot 37 modus operandi 2.4 DIE MODUS OPERANDI VAN DIE BANKROWER 43 2 .4.1 Oorsig van vakverwante literatuurbronne 43 2.4.2 Oorsig van nie-vakverwante literatuurbronne 48 2.5 INDIVIDUELE EIENSKAPPE VAN DIE BANKROWER 50 2.6 HANDELINGSKENMERKE VAN DIE BANKROWER SE 52 MODUS OPERANDI 2.6.1 Teikenseleksie en die uitvoering van die rooftog 53 -ix- al gdS:i'. 2.6.1.1 Teikenseleksie 53 2.6.1.2 Ontsnapping 59 2.6.2 Besluit ten gunste van die kontinuering van bankroof 61 2.6.3 Reorientasie van die gewapende rower se 61 misdaadloopbaan 2.6.4 Besluit om op te hou met bankroof 61 2.7 SAMEVATTENDE GEVOLGTREKKING 63 HOOFSTUK 3 MEJODOLOGIESE UITEENSETTING VAN DIE NAVORSINGSONTWERP 3 .1 INLEIDING 66 3.2 METODOLOGIESE RAAMWERK 66 3.2.1 Kwalitatiewe benadering 66 3.2.2 Interaksionistiese perspektief 69 3.2.3 Begrondingsteorie as navorsingsmetode 71 3.2.3.1 Doel van die begrondingsteorie 72 3.2.3.2 Voordele van die begrondingsteorie 73 3.2.3.3 Reels en prosedures van die begrondingsteorie as 73 navorsingsmetode 3.3 REDES WAAROM DIE BEGRONDINGSTEORIE AS GESKIKTE 77 NAVORSINGSMETODE VIR DIE SPESIFIEKE ONDERSOEK GEAG WORD 3.4 METODOLOGIESE VERLOOP VAN DIE STUDIE OOR DIE 79 MODUS OPERANDI VAN DIE BANKROWER 3.4.1 Begrensing 79 3.4.1.1 Teoretiese begrensing 79 3.4.1.2 Die begrensing van die ondersoekgroep 80 3.4.1.3 Begrensing van die data-insamelingstegniek 82 3.4.2 Data-insamelingsinstrument 83 3.4.2.1 Gefokusde semi-gestruktureerde indiepte-onderhoud 84 3.4.2.2 Die aantekening van data 90

Description:
Ons gaan met een voertuig, na die roof ruil ons voertuie en nommerplate om (by 'n Journal of post anesthesia nursing, 7(2):119-128. Lecompte, N.
See more

The list of books you might like

Most books are stored in the elastic cloud where traffic is expensive. For this reason, we have a limit on daily download.